Gonsfees – inligtingsfees vir kommunikasie­praktisyns

Aandag alle kommunikasiepraktisyns, bemarkers, joernaliste, skakelbeamptes, ontwerpers en enige iemand in ʼn kreatiewe beroep – die Gonsfees is hier!

Die fees word aangebied deur die Solidariteit Beroepsgilde vir Kommunikasiepraktisyns in samewerking met S-leer en is nie slegs die ideale netwerkgeleentheid vir jou nie, maar bied jou ook die geleentheid om op ‘n interaktiewe en kreatiewe wyse kennis te deel en te ontvang. Kom steek kers op by kundiges uit die bedryf soos Barnard Beukman, redakteur van Beeld; Annie Coetzee, motiveringspreker oor kreatiwiteit en luistervaardighede; Nico Louw, ‘n verkoopsbestuurder wat gaan praat oor die nuwe digitale realiteit; Freek Robinson, hoofanker van eNuus; en Mynhardt van Pletsen oor die verkoopkrag van ‘n goeie storie.

Het jy boonop al gewonder hoe boetiekjenewer (“craft gin”) dit reggekry het om so opspraak te maak? Kom luister na ʼn bekende handelsmerkbemarker wat ‘n geheim of twee hieroor gaan verklap en proe gerus sommer ook die produk.

Hoekom moet ek dit bywoon?

Die kommunikasiebedryf is ʼn energieke, innoverende en omvattende omgewing wat ʼn wye spektrum dek. Dit word van persone in die bedryf verwag om lewenslange leerders te wees en deur hul vaardighede meesterskap in hul veld te bereik.

Werkspraktyke verander vinnig en dit raak al hoe moeiliker vir kommunikasiepraktisyns om op hoogte te bly van nuwe tendense. Persone wat kommunikasieverwante take moet verrig, het ʼn groterwordende behoefte om netwerke te vorm, kennis te deel en by deskundiges te leer.

Om ʼn goeie werk in die vierde industriële rewolusie (4IR) te kan hê, is kennis egter noodsaaklik. Die 4IR is nie iets wat in die toekoms gaan gebeur nie, dit is reeds besig om ons werkplekke te verander.

Wat behels die dag? 

Sessie 1: Joernalistiek – Barnard Beukman (redakteur van Beeld)
Sessie 2: Die rol van LUISTER in die lewe van ’n kreatiewe persoon – Annie Coetzee (motiveringspreker)
Sessie 3: Impak van tegnologie op media – Freek Robinson (hoofanker van eNuus; 44 jaar ervaring in TV- en radiojoernalistiek)
Sessie 4: Bemarking in ons nuwe digitale realiteit – Nico Louw (verkoopsbestuurder vir Meltwater Afrika)
Sessie 5: Die ongelooflike krag van ’n goeie storie – Mynhardt van Pletsen (kommunikasie-argitek en stigter van KRAFT Insights, ’n inisiatief wat op korporatiewe leer fokus)
Sessie 6: Die suksesstorie van boetiekjenewer

Datum: 11 September 2019
Tyd: 08:00 – 16:30
Koste: Solidariteit-lid R336,00 / Nielede R560,00
Plek: Pretoria – Diep in die berg (Disselboomstraat 929, Wapadrand, Pretoria)

Registreer voor 2 September by [email protected] om jou plek te waarborg.

Watter beroepe val onder die kommunikasiepraktisynsgilde?

  • Beroepe in die advertensiewese
  • Analis: kommunikasie
  • Assistent: bemarking
  • Assistent: produksie
  • Assistent: tegnies
  • Beampte: kommunikasie
  • Bemarker
  • Bestuurder: banket
  • Bestuurder: bemarking
  • Bestuurder: kommunikasie
  • Bestuurder: verkope
  • Fotograaf
  • Grafiese ontwerper
  • Joernalis
  • Kameraman
  • Klank- en beeldoperateur
  • Kommunikasiespesialis
  • Omroeper
  • Ontwerper
  • Ontwerper: webtuiste
  • Radio- of televisieaankondiger
  • Redakteur
  • Skakelbeampte
  • Subredakteur
  • Taalpraktisyn
  • Telebemarker
  • Verkoopskonsultant
  • Verkopeverteenwoordiger
  • Verkopebestuurder

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.