Groot sports dié langnaweek in Pretoria!

Goeie plaaslike musiek, heerlike eet- en -drinkgoed en goeie rugby en netbal – dít is wat jy hierdie langnaweek kan verwag by die Harlequin-rugbyklub in Pretoria waar ʼn netbal- en sewesrugby-toernooi vir spanne vanaf reg oor die land aangebied gaan word.

Bring die hele gesin en kom geniet die toernooi saam met ons! Die O/18-jeugspanne en koshuisspanne sal Vrydagmiddag om 15:00 die toernooi afskop en die rugbyklubs- en akademies sal die Saterdag om 09:00 begin speel.

Die toernooi beloof om nie net groot pret vir die deelnemende spanne te wees nie, maar ook vir ondersteuners en toeskouers. Groot pryse is te wen nie net vir die verskeie spanne nie, maar ook vir die toeskouers. Toegang is gratis.

Besoek die Facebook-blad
Besoek die webwerf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.