Harlequin-toernooi dek tafel vir groot sports

Die Harlequin-rugbyklub in Pretoria bied op 21 en 22 September 2018 ʼn netbal- en sewesrugby-toernooi vir universiteit-, koshuis-, klub-, dorp- en skoolspanne van reg oor die land aan. Vyf van dié spanne staan ʼn kans om elk R20 000 te wen. Daar is ook ʼn prys van R5 000 op die spel vir die span met die beste gees.

Rugby- en netbalspanne van die Universiteit van Pretoria, Bloemfontein en Noordwes, Akademia en SolTech het reeds ingeskryf. Klubspanne bestaan sover uit die Warriors, Westelikes, Blui Quins, SA All Stars, Harties Gladiators en Taranaki. ASRA en Centurion Yong Guns is van die Akademies wat al ingeskryf het.

Die kompetisie is in 2017 vir die eerste keer aangebied om aan koshuise die geleentheid te bied om nasionaal aan netbal en rugby deel te neem, maar namate ’n groot belangstelling in dié toernooi kan klub-, dorp- en skoolspanne ook vanjaar deelneem.

Die toernooi beloof om net soveel pret te wees vir die deelnemende spanne as die ondersteuners. Daar sal onder meer ʼn biertent, gaskunstenaars, kindervermaak en springkastele wees. Kom geniet die toernooi saam met ons! Toegang is gratis.

Daar is nog ʼn paar plekke beskikbaar. Spanne wat wil inskryf kan die webblad by www.sewes.co.za besoek en ook aanlyn registreer. Inskrywings sluit op 14 September 2018 waarna ʼn program en skedule aan elke span gestuur sal word.

Borge wat hierdie toernooi moontlik maak is Virseker, Go Zone en Just Water.

Vir enige navrae stuur ’n e-pos na [email protected]

  • Maroela Media en die Virseker Trust werk saam om Afrikaanse onderwys en ander Afrikaanse inisiatiewe te ondersteun. Klik hier vir ʼn verpligtingvrye Virseker-kwotasie.
  • Virseker is ʼn produk van Auto & General Versekeringsmaatskappy, ʼn gemagtigde finansiëlediensteverskaffer. B’s & V’s geld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.