Irene-konsentrasiekampkerkhof vier herdenking

(Foto: Verskaf)

Die Irene-konsentrasiekampkerkhof, die terrein waar meer as 1 000 kinders jonger as 15 jaar begrawe is, hou op 25 September weer ʼn herdenkingsgeleentheid.

Die herdenkingsprogram sluit in Skriflesing en gebed, ʼn program van voordrag en musiek, blomme wat op die grafte gelê word en dan ʼn lekker koppie koffie en beskuit. ʼn Boomplantgeleentheid sal ook op die dag plaasvind.

Die geleentheid word georganiseer deur die Centurion Erfenisvereniging, die SAVF en die Voortrekkers.

“In 1915 het die SAVF sipresse op die terrein geplant en in 1969 ʼn verdere 70 inheemse bome. Dit het tyd geword om dit weer aan te vul,” lui die verklaring.

(Foto: Verskaf)

“Op Maandag 25 September kan individue of gesinne hulle eie boom plant! ʼn Aantal inheemse bome sal op die terrein te koop aangebied word maar ons kort nog ʼn paar bome.”

Mense word aangemoedig om gewone haakdoring (Acacia caffra), bergsering (Kirkia wilmsii), bosveldkatjiepiering (Gardenia volkensii), kiepersol (Cussonia spicata), koorsboom (Acacia xanthophloea), koraalboom (Erythrina lysistemon), ouhout (Leucosidea sericea) en wildejasmyn (Schrebera alata) te bring om te plant.

Besoekers is ook versoek om stoele, blomme en donasies saam te bring.

Vir meer besonderhede stuur e-pos na Rentia Landman by [email protected] of skakel 083 306 5492.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

2 Kommentare

Yolandi ·

Ons twee ingelyfde Voortrekkers gaan self Maandag ‘n draai maak as deel van ‘n erfenis.
Ons is Suid Afrikaners. Ons is trots.
Ons het ‘n kleurvolle geskiedenis.
Some bad, some good. Maar saam is ons sterk.
“Sounds the call to come together and united we shall stand. Let us live and strive for freedom in South Africa, our land.”
#ProudlySA #HeritageDay

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.