Jenewerfees in Pretoria aangebied

Foto verskaf deur Gin & Kie-fees

Die winter staan einde toe en die langnaweek is op ons. Wat ʼn manier om die pragtige en sterk vroue van ons land te vier as die Gin & Kie-fees by die Shokran Wedding & Events Venue.

Die Gin & Kie Craft Liquor Festival word aangebied deur die organiseerders van die gewilde Fijnwyn Wynfees en dit beloof om ʼn prettige naweek te wees.

Dit is die derde Gin & Kie-fees en die sukses en belangstelling daarvan neem jaarliks toe. Die fees word vanjaar oor twee dae aangebied, 9 en 10 Augustus, wat mense die geleentheid gee om die dag rustiger te ervaar. Sluit gerus aan tussen 10:00 en 17:00 op een van hierdie dae.

Die idee van die fees is om ‘n platform te skep waar die hele gesin ʼn dag in die buitelug kan geniet op die buitewyke van Pretoria.

Kom proe, ervaar en koop van die beste boetiekdrankies in Suid-Afrika.

Die fokus is op jenewer en daar sal iets unieks vir selfs die kenners wees: van jenewer wat kleur verander tot jenewer wat van wyn gemaak word. Alhoewel die fokus op jenewer is, sal daar ook ʼn paar boetiekrum-opsies wees sowel as boetiekbier, vodka en ander likeurs.

Van die handelsname wat met hulle produkte kom spog sluit in Ginifer, Wilderer, Qualito, 25 Degrees South, Premier Pure Fusion Legends Brewery en The Capital Gin. Boplaas Familie-wingerde bring hulle bekroonde brandewyn en whisky en Buffelsfontein Brandewyn sal ook daar wees.

Die dag bring kos, drinkgoed en vermaak bymekaar. Op Vrydag (9 Augustus) tree onder andere Tasha, Jolling, Jessie Presto en The Capitals op en Saterdag (10 Augustus) is Mari Bosman, Jessie Presto, Jaryd Smith en Pedro Barbosa in aksie. Musiek, volop heerlike eetgoed, baie sitplek en veilige parkering sorg dat dit die perfekte kuierlangnaweek vir die hele gesin is. Daar is ʼn speelarea vir kinders wat deur Clamber Club hanteer word en kinders betaal R80 vir vermaak deur die dag. Dit is verseker ʼn uitstappie wat die hele dag geniet kan word.

Besoek die Facebook-bladsy vir meer inligting.

Kaartjies is beskikbaar by Itickets en kos R160 vir volwassenes wat ʼn glas insluit, R50 vir kinders tussen 12 en 17 en toegang is gratis vir kinders onder 12. Beperkte kaartjies is ook by die hekke beskikbaar. Skakel 082 335 5659 vir meer inligting.

Oor Shokran Events Venue

Shokran Events Venue is die perfekte plek vir unieke luukse feeste, maklik toeganklik in die ooste van Pretoria, slegs 12 km van Woodlands-winkelsentrum. Dié lokaal het daarin geslaag om ‘n suksesvolle wynfees te vestig wat vier keer per jaar plaasvind, die Fijnwyn- wyn en kosfees, wat een van die gewildste wynfeeste in Pretoria geword het. Indien jy nog nie by een was nie of sommer weer wil saamkuier, maak nou ʼn aantekening in jou dagboek van die 20ste en laaste Fijnwyn-fees vir 2019 wat 21 en 22 September plaasvind. Besoek www.fijnwyn.co.za vir meer inligting.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.