‘Kamers’ nié in Kaapstad

As gevolg van die koronavirus bly Kaapstad se aflewering van Kamer/Makers ook vanjaar in die slag, hoewel die organiseerders aangekondig het dat Kapenaars steeds Kamers-produkte aanlyn kan koop.

Die aanlyn aanbieding is beskikbaar op presies dieselfde tye wat Kamers/Makers in Kaapstad sou plaasvind – van 26 tot 29 Maart.  “Ons getroue ondersteuners kan dus opnuut uitsien na ons unieke produkte – en sodoende ons kreatiewe verskaffers ondersteun in hierdie moeilike tye,” sê die organiseerders in ʼn verklaring.

Volgens die organiseerders is die voordele van aanlyn verkope legio. “Baie meer produkte as gewoonlik – van jou gunsteling Makers-produkte, tot splinternuwe ontwerpe van regoor die land – sal nou aanlyn te koop aangebied word.”

“Verder bied ons verskeie Mystery Maker-pryse aanlyn ter waarde van R20 000. Boonop hoef jy nie te sukkel met parkering of mooi aantrek nie. Jy kan in die gemak van jou huis die aankope doen.”

Elke aanlyn klant wat R500 of meer bestee sal ook ʼn gratis kaartjie ontvang na enige Kamers/Makers-aanbieding in die land.

“Dit is alles ’n nuutjie vir Kamers/Makers, wat opwindende geleenthede bied! Ons vra dat al ons lojale ondersteuners die honderde kreatiewe makers en hulle werkers sal ondersteun deur te klik op kamers.co.za.

Alle aankope word by jou huis afgelewer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.