Kersmark in Pretoria om tehuis te ondersteun

(Foto verskaf)

Die Nickel Kersmark wat jaarliks in Pretoria plaasvind is die Kungwini-welsynorganisasie, wat 140 volwasse inwoners en 20 tieners in die kinderhuis versorg, se grootste fondsinsamelingsprojek.

Die 18de Nickel Kersmark vind vanjaar van 24 November 2018 – 9 Desember 2018 plaas by die Kungwini-welsynorganisasie, geleë in Grahamweg in Pretoria-Oos.

Die Paul Jungnickel-tehuis, waarna die Nickel-mark vernoem is, is in 1983 gestig vir volwassenes met gestremdhede. Oor die jare het die organisasie gegroei van veertig inwoners na 140 volwasse inwoners en 20 tieners in die kinderhuis. Kungwini-welsynorganisasie is nou die sambreel vir Paul Jungnickel-tehuis, Kungwini-jeugsentrum (die kinderhuis), gemeenskapsdiensafdeling met maatskaplike werkers en ʼn projek vir kleuterskole in die omgewing.

Die Nickel Kersmark is tans Kungwini se grootste fondsinsamelings projek. Die gestremde inwoners kry die geleentheid om hul produkte, wat deur die jaar vervaardig word, ten toon te stel en te verkoop, en dit is ook Kungwini se grootste werkskeppingsprojek. Met meer as 190 uitstallers is dit ʼn gewilde mark in Pretoria wat jaarliks oor die 16 dae tydens die Kersmark meer as 17 000 mense lok.

Die Nickel Kersmark bied iets vir ieder en elk vanaf speelgoed tot huisdekor en plante. Daar is ook ʼn teetuin heerlike eet- en drinkgoed en ʼn boetiekbierstalletjie. Die mark spog boonop met ʼn nuwe uitleg met gratis en veilige parkering. Kaartfasiliteite is ook beskikbaar om ʼn kontantlose mark te bevorder.

Die Nickel Kersmark se deure is oop van 24 November tot 9 Desember 2018, daagliks vanaf 09:00 – 18:00. Bespreek gerus ʼn tafel vir ʼn heerlike Sondagbuffet ná jou inkopies by die mark en bring sommer die hele familie vir jou eenstop-Kersfeesaankope!

Besoek www.nickelmarket.co.za vir kontakbesonderhede en verdere inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.