kykNET Buite-ekspo neem Wes-Kaap op horings

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Die gewilde kykNET Buite-ekspo word vanjaar weer in die Wes-Kaap aangebied ná verlede jaar se groot sukses. Met 15 710 besoekers het dit alle verwagtinge oortref en vanjaar word nog meer besoekers verwag.

Dié 13de ekspo van sy soort word die naweek van 17 tot 19 Februarie op die Môreson-plaas, 10 km buite Malmesbury langs die N7, aangebied.

Die ekspo is hoofsaaklik gemik op buitelewe- en relevante uitstallings en beloof om die jongste in hierdie veld aan besoekers te bied. Uitstallers bring die heel naweek op die uitstalterrein deur en rig hulself só in dat die publiek eerstehands kan ervaar hoe die produkte funksioneer sou hulle dit aanskaf en self gebruik.

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Tesame met die uitstallings word daar lekker pretaktiwiteite aangebied vir die hele gesin: gratis Amarok 4×4-ritte, veldrentoetsritte en helikopterritte.

Daar is heelwat te eet en drink met ʼn verskeidenheid kosstalletjies, ʼn kroeg en ʼn biertuin. ʼn Deli- en kunsmark is ook op die terrein beskikbaar.

Verskeie akteurs van kykNET se gewilde sepies, Getroud met rugby, Binnelanders en Suidooster, ding teen mekaar mee tydens ʼn braaikompetisie. Die gewilde Vaatjie van Toks en Tjops asook die akteur Neels van Jaarsveld sal optree as gas-beoordeellaars. Amore, Nadia Louw, Hugo Nieuwoudt en vele ander bied deurgaans vermaak.

Bring gerus die kinders saam – daar is ʼn pretpark waar hulle besig gehou word terwyl ma en pa die uitstallings geniet! Maak ook seker dat jou kinders nie die Sondag die Lollos-vertoning mis nie.

Besoek die webwerf vir meer besonderhede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.