Madeliefie Makietie hou familiefees propvol vermaak

(Foto: Verskaf)

Die Madeliefie Makietie-fees vind dié naweek op 29 en 30 September in Strandfontein plaas. Dié fees sorg vir topvermaak vir die hele familie.

“Ons visie en doelwit is om ’n vriendelike en veilige familiefees aan te bied. Daarom het ons seker gemaak daar is iets vir jonk en oud, van ’n Maltrap-fietsroete en ’n staproete tot die baie gewilde raakrugby-wedstryd en nog vele meer,” het Stokkies van Zyl, organiseerder van Madeliefie Makietie, gesê.

Altesaam 23 van Suid-Afrika se topkunstenaars gaan vermaak aan feesgangers bied. Hulle is onder andere Emo Adams, Bobby van Jaarsveld, Juanita du Plessis, Willem Botha, Die Broers, Pieter Koen, Andriëtte, Leah, Brendan Peyper, Lianie May en Jay.

Daar is drie verhoë waar die kunstenaars sal optree: die amfiteater, die Kommetjie-verhoog en die Seetuin-arena. Feesgangers kan gratis gebruik maak van trekkers en sleepwaens wat na die verskillende verhoë in die dorp sal ry indien hulle nie wil stap nie.

Daar gaan ’n horde stalletjies in die strate van Strandfontein wees wat sal verseker dat almal se mae vol bly.

Die hekke open op Vrydag 29 September om 10:00 om die feesgangers by Madeliefie Makietie 2017 te verwelkom. Met besoekers se aankoms by die fees moet hulle by die feeskantoor aanmeld vir diegene wat kaartjies benodig en parkeeraanwysings. Daar sal sekuriteit in die parkeerterrein wees om seker te maak dat alle voertuie veilig is.

Besoek www.madeliefiemakietie.co.za vir meer inligting, die volledige program en om jou verblyf te bespreek. Kaartjies is te koop by Computicket, Shoprite/Checkers en House & Home of by 0861 915 8000.

Bly op die hoogte van die jongste Madeliefie Makietie-nuus op Facebook (facebook.com/MadeliefieMakietieSA), Twitter (twitter.com/madeliefieM) en Instagram (instagram.com/madeliefiemakietie/).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.