ʼn Fees vir buitelewe-entoesiaste

4×4-aktiwiteite by die kykNET Buite Ekspo

Buitelewe-entoesiaste kan hulself weer staal vir die grootste ekspo van sy soort in die Wes-Kaap.

Die kykNET Buite Ekspo vind die naweek van 15 tot 17 Februarie 2019 by Môreson, net 10 km buite Malmesbury langs die N7, plaas.

Die uiters gewilde kykNET Buite Ekspo – Wes-Kaap is in Februarie 2014 vir die eerste keer in die Malmesbury-area aangebied – en dit was ʼn reusesukses! Met die laaste geleentheid het net minder as 20 000 besoekers dit bygewoon en beslis die organiseerders se verwagtinge oortref!

Daar word beoog om hierdie jaar meer as 20 000 besoekers na hierdie geleentheid te lok. Die ekspo is hoofsaaklik gemik op buitelewe- en relevante uitstallings en beloof om die nuutste in hierdie veld aan die besoekers te bied. Uitstallers bly die heel naweek op die uitstalterrein en rig hulleself só in dat die publiek eerstehands kan ervaar hoe die produkte funksioneer indien hulle dit self sou aanskaf en gebruik. Alle uitstalareas het maklike toegang tot krag, water en badkamerfasiliteite.

Saam met die interessante uitstallings is daar ook prettige aktiwiteite vir die hele gesin – André de Villiers van Safari 4×4 Roetes bied gratis Amarok 4×4-hindernisritte aan; daar is ook Suzuki Jimny 4×4-ervaringsritte, veldmotorfietse- en kwadfietsvertonings en helikopterritte om maar net ʼn paar te noem.

4×4-aktiwiteite by die kykNET Buite Ekspo

Kom kuier by Jimmy’s Steakhouse Sauces saam met die kykNET-sepiesterre van Suidooster en Arendsvlei en die gewilde Vaatjie van Toks en Tjops-faam sal optree as gasbeoordeelaar.

Daar word die hele naweek lank verskeie baie interessante kompetisies en aktiwiteite op die terrein aangebied en vir die heel eerste keer is daar ook prettige kameelritte!

Jy hoef nie Saterdag die Superrugby-wedstryd tussen die Bulls en die Stormers mis te loop nie: GT Camper Sportpark sal die wedstryd op ʼn groot skerm uitsaai en ʼn paneel kenners sal ook vooraf oor die wedstryd gesels.

Kom loer ook in by die dames- en kunsmark wat beloof om baie interessant te wees.

Ondersteun gerus die splinternuwe Môreson Plaaskombuis met van die beste plaas-etes, koffie, tee en varsgebakte produkte en besoekers hoef beslis nie bekommerd te wees dat hulle honger of dors gaan raak nie, want daar is vanjaar selfs meer gekeurde kosverskaffers om in almal se smaak te voorsien! Daar is ook ʼn Castle Light-kroeg-en-biertuin en ʼn baie gewilde ‘slush’-tuin om almal se dors te les.

GT Camper Sportpark by die kykNET Buite Ekspo

Alhoewel die kykNET Buite Ekspo nie ʼn musiekfees is nie, gaan uitstekende kunstenaars die besoekers vermaak: Amore; Nadia Louw; Desmond Wells; Fatman en Caroline Grace van The Voice-faam; en Demi Lee, wenner van die Die Kontrak. ʼn Baie spesiale program word Sondag aangebied met “Chereè en Vriende sing Country” saam met Denis East, Tommy Dell en Peter Mohr. Die publiek kan by die kykNET-hoofarena kom saamkuier en lekker afkoel nadat jy die uitstallers besoek het.

Bring gerus die kinders saam – daar sal meer as genoeg dinge wees om hulle by die pretpark besig te hou terwyl ma en pa die talle buitelewe-produkuitstallings geniet! Vir die kleinspan is daar ook Sondag ʼn spesiale “Lollos en Lettie – 10 jaar Basaar”-vertoning.

Naweekkampering raak nou vinnig vol! Bespreek sommer gou deur ʼn e-pos te stuur aan [email protected] met navrae oor alreeds opgerigte en toegeruste tentkampering aan [email protected]

Voornemende uitstallers kan Tersia by [email protected] of 071 659 9915 kontak.

Besoek die webwerf: www.ekspo.co.za
Klik hier om die Facebook-blad te besoek
Klik hier om die Twitter-blad te besoek

*Vanweë die sukses van die konsep spog die ekspo met baie prominente senior mediavennote en senior borge. Trio Events is die aanbieders en organiseerders met kykNET (hoofborg); Die Burger, Tygerburger, Die Courant, Maroela Media, Bok Radio, Weg Ry & Sleep, Swartland-munisipaliteit, Jimmy’s Steakhouse Sauces, Agrimark, Malmesbury Toyota, Hankook Tyres en die Wes-Kaapse regering. Sonder hierdie senior vennote sou die ekspo nie moontlik gewees het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.