Nuwe fees wil SA laat rock

Rocking Potch is ’n nuwe musiekfees wat van die land se bekendstes in die musiekbedryf byeenbring. Dié fees skop in Potchefstroom af en gaan binnekort uitbrei na Stellenbosch, Stilbaai en Bloemfontein.

Bekendes soos Francois van Coke, Jack Parrow, Bobby van Jaarsveld, Chunda Munki, Van Pletzen, Willem Botha en Robbie Wessels sal op die Rocking Potch-verhoog te sien wees, saam met nog baie ander. Die sosialemediafoendi en Survivor SA-deelnemer, Katinka Oosthuizen, sal as een van die seremoniemeesters dien.

Talana Vuren, wat ook by die fees optree en deel van die organiseringspan is, het gesê sy is baie opgewonde oor Rocking Potch omdat dit ʼn eerste van sy soort is.

“Ek dink nie daar was al voorheen só ʼn fees op Potchefstroom nie. Daar is regtig iets vir almal. Ek dink ons gaan lekker baie studente daar sien, so dit gaan ʼn lekker gevoel aan die fees gee. Met die naweekkaartjies kan jy al die vertonings bywoon, die biertent geniet en by die kosstalletjies iets kry om te eet,” het sy gesê.

Vuren het gesê dat hulle ook binnekort dié fees na ander dele van Suid-Afrika gaan uitbrei.

“Daar gaan elke keer nuwe kunstenaars wees. So dit gaan nie net ʼn lekker fees wees nie, maar dit gaan ʼn handelsmerk raak reg oor Suid-Afrika.”

Rocking Potch vind van 7 tot 8 September op die NWU Joolplaas in Potchefstroom plaas. Vir meer inligting besoek die Facebook-blad hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Soutpot ·

Ons moet ophou “rock” en aandag gee aan belangriker dinge !

John ·

Die New Age-raslose-toi-griep het Potch getref… koebaai Afrikaners en hi Afrikaaaanses oppad na ons moedertaal… Engels. Die slinkse werking van die vyand van bestaande kulture vir die bereiking van ‘n boring alles-dieselfdegeit… Ja, enigiets vir iets groooots en nuut wat rock en rock tot almal uitklok. Al wat nog in Potch oor is, is ‘n paar groot bome maar dit sal weldra ook val soos die’ by UV wat telkens moet af saam met die monumente om plek te maak vir vuil lee visdamme en rooi bakstene wat glo die intellek stimmuleer tot sit, wag en kerm dat die son te warm brand en die geld op is en… en…

Verstom ·

Wat van ‘n fees to “rock” SA tot stilstand vir God. Allerhande feeste en “rock concerts” wat net vir die hel bedoel is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.