Pret en plesier by Varkfees Heidelberg

Varkfees, Heidelberg in Gauteng (Foto verskaf)

Die Varkfees, wat jaarliks in Heidelberg, Gauteng aangebied word, is ‘n fees te wees wat almal kan geniet! Hope pret en plesier vir almal – jonk en oud!

Die feesterrein verskuif vanjaar na die Heidelberg-vliegveld en vind plaas tussen 31 Augustus en 1 September.

Heidelberg is die perfekte dorp vir só fees. Die natuurskoon van die Suikerbosrand, argitektuur en atmosfeer van die ou geboue en vriendelikheid van die inwoners maak dit ʼn bestemming wat stadsjapies en nabye bure inspireer. Die uitgebreide feesprogram maak dit ʼn moet vir die hele gesin – bespreek gerus vir die naweek by een van die gastehuise of omliggende oorde om seker te maak dat jy niks misloop nie.

Aktiwiteite soos helikopterritte, ʼn pretpark, fietsrywedrenne en vele meer word vir die kinders aangebied. Daar is ook ʼn jeugskou met plaasdiere, boeresport en miniatuurperdjies, ʼn Friesperdvertoning, valskermspronge, polisiehonde, selfverdedigingvertoning en ʼn trap-en-drafkompetisie. Tydens die “Fitness Throwdown” is groot pryse op die spel.

Mnr. en Mej. Varkfees is ʼn groot hoogtepunt op die program.

Varkfees, Heidelberg in Gauteng (Foto verskaf)

Die verskeidenheid kunstenaars en ongeveer 200 stalletjies met kuns en ander interessanthede verseker ook dat jy nie ʼn oomblik verveeld sal wees nie. ʼn Groot verskeidenheid eet- en drinkgoed word te koop aangebied.

Besoek gerus die kuiertent wanneer jy ʼn blaaskans nodig het!

Varkfees is 13 jaar gelede begin deur Volkie Vriende ten bate van Laer Volkskool vir die opgradering van die Gr. R-parkie. Dit was ʼn groot sukses en die eerste jaar was daar ongeveer 1 000 voete deur die hekke. Die potensiaal van die fees is raakgesien en is uitgebrei. Nou woon tussen 12 000 en 15 000 mense jaarliks dié fees by. Varkfees is ʼn fees vir almal in die Oos-Rand, Vaaldriehoek, Oos-Vrystaat en Wes-Mpumalanga.

Van die kunstenaars wat te sien is, sluit in Elvis Blue, Charlize Berg, Ricus Nel, Leah, Snotkop, Liza Brönner, Manie Jackson, Ollie die Nar en selfs Armand die singende Cowboy met sy dansende perd.

Besoek die webwerf vir meer inligting
Sluit aan by die Facebook-blad om op hoogte te bly van al die gebeure
Koop jou kaartjies vir die Varkfees

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.