Pretdag vir hele gesin

Ná ʼn suksesvolle pretdag wat verlede jaar duisende mense van reg oor Gauteng gelok het, is Jacaranda FM & Tracker se Off the Beat ʼn Track op 21 April terug by die Big Red Barn in Irene vir ʼn pretbelaaide dag vir die hele gesin – gevul met bergfietsry, kindervermaak, piekniek en musiek.

Dié geleentheid, die grootste van sy soort in Gauteng, bied iets vir enige ouderdom en ryvermoë, met fietsryroetes wat wissel van ʼn 2 km-wedren vir die kinders, tot 5 km, 15 km en 35 km wedrenne vir meer ernstige fietsryers.

Ná die wedrenne kan ryers en hul gesinne, én diegene wat net die geleentheid bywoon om die musiek te geniet, op die grasperk uitspan om piekniek te hou met die musiek van Suid-Afrikaanse kunstenaars soos Goodluck, Die Heuwels Fantasties en Dr. Victor.

Daar sal ook meer as genoeg eet- en drinkgoed wees vir honger klein, en nié so klein magies. Veilige parkering is beskikbaar.

“Gesinsamesyn, pret, musiek en bergfietsry in een van Gauteng se asemrowendste omgewings kombineer alles waarvoor Jacaranda FM as ʼn stasie staan en ons verwag nóg ʼn uitmuntende bymekaarkoms in April,” het Kevin Fine, Jacaranda FM se algemene bestuurder, gesê.

“Ons weet dat gesinne nie altyd die geleentheid het om so baie tyd saam deur te bring as wat hulle graag wil nie, en hierdie geleentheid bied die perfekte geleentheid vir gesinne om saam pret te hê en vermaak te word in ʼn veilige omgewing. Ons kan nie wag vir hierdie jaar se geleentheid nie, dis beslis een wat jy nie wil misloop nie,” het Wayne de Nobrega, een van Tracker se hoofde, gesê.

Inligting oor registrasie en kaartjies kan op dié Facebook-blad gekry word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

MTB Ryer ·

Hoe pas al die 1000e deelnemers op BRB se nou enkelspoor paadjies? (Ek wonder regtig – nie ‘n trol vraag)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.