Pretoria Buitelug Ekspo en Fees se propvol program beskikbaar

Dié veelsydige fees beloof pret en vermaak vir die hele gesin. (Foto: Verskaf)

Môre (22 April) open die Pretoria Buitelug Ekspo en Fees vir die eerste keer sy hekke en is reg om ten volle die leisels oor te neem!

Dié veelsydige fees, wat pret en vermaak vir die hele gesin beloof, word tot 24 April deur kykNET, MTN, Pretoria FM, Maroela Media en die Waterpump Groep by die Legends MX-avontuurplaas aangebied.

Die program is propvol pret vir musiekliefhebbers, adrenalienverslaafdes, groen vingers en die kleingoed. Feesgangers kan ook uitsien na smullekker kos vir elke sak en smaak asook ʼn verskeidenheid “verversingstuine”, wat alles van tee tot wyn sal bedien.

Om te sorg vir ʼn veilige feesomgewing sal Covid-19-maatreëls ingevolge die jongste wetgewing nagekom word.

Die program kan hier afgelaai word. Vir meer inligting en om kaartjies te bespreek, besoek die feeswebwerf hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.