Protea Cullifest: Klein fees, groot hart

Kom geniet ʼn wonderlike dag saam vanaf 27 April tot 28 April 2024 by die jaarlikse Protea Cullifest in Cullinan.

Dit is ʼn klein fees met ʼn groot hart, wat vir die 22ste keer deur die NG Kerk Premiermyn in Cullinan aangebied word. Die opbrengs van die fees word aan verdienstelike organisasies geskenk. Daar is iets vir elkeen om te geniet.

Benewens die 110 stalletjies en verskeidenheid kunstenaars wat deel is van die fees, is daar ook die mooiste proteaplante en blomme wat te koop is, asook ʼn pretpark, biertent en kuiertuin.

Het jy geweet? Die genus protea bestaan uit sowat 136 spesies. Uit hierdie spesies is honderde nuwe variëteite wêreldwyd ontwikkel. Dit is Protea Cullifest se trots om iets van hierdie verskeidenheid aan ons feesgangers te bied.

Kaartjies is spotgoedkoop te koop by Itickets: volwassene: R100, kind: R50 en pensioenarisse: R80. ʼn Verskeidenheid van kunstenaars tree deur die loop van elke dag op. Hierdie optredes is ingesluit by jou kaartjieprys.

Die Protea Cullifest bied ʼn biertuin, wyntuin, proteas, boeretroos, swepe en messe, kunstenaars en kindervermaak. Jy noem dit, ons het dit!

Vir meer inligting, besoek die Protea Cullifest Facebook-blad, Instagram of webwerf.

Klik hier om jou kaartjies te koop.

(Foto: Protea Cullifest)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.