Ruk op, rus uit en ‘rock on’ by ATKV Klein-Kariba se StudenteJOL

StudenteJOL is beslis ʼn vakansie wat jy nié kan misloop nie! Matrikulante kan die einde van hul skoolloopbaan saam met vriende kom vier en hul skoene uitskop ná al die swoeg en sweet van die eindeksamen!

StudenteJOL word weer hierdie komende Desember by ATKV Klein-Kariba aangebied vanaf 3 – 7 Desember 2023. ATKV Klein-Kariba bied ʼn gebalanseerde vermaakprogram aan en almal kan deel in die pret. Sterkman, Mej. StudenteJOL, en raakrugby is van die vele aktiwiteite wat aangebied word. Verskeie verblyfopsies is beskikbaar wat sorg vir ʼn heerlike blaaskans.

Geniet vyf dae van pret en partytjie tot die son opkom met gaskunstenaars soos Snotkop, Eloff, Van Pletzen en natuurlik, nuut en opkomend, Die Piesangskille en nog baie meer.

Kom kuier saam met ons vir ʼn week vol pret, musiek en opwinding! Jy staan ook die kans om StudenteJOL GRATIS vanjaar by te woon, deur deel te neem aan Klein-Kariba se StudenteJOL-uitdaging.

ATKV-Klein-Kariba is op soek na 15 studentewerwers wat elk 20 akkommodasie-besprekings vir Studentejol 2023 kan kry. Indien jy dit regkry om 20 besprekings te verseker, kan jy Studentejol gratis bywoon.

Indien jy graag wil deelneem aan hierdie Studentejol-uitdaging, stuur ʼn e-pos na [email protected] en vertel ons hoekom jy ʼn Studentejol-werwer wou wees.

Vyftien studente word gekies as Studentejol-werwers wat vanjaar verniet kan baljaar tot die son opkom. Bepalings en voorwaardes geld. Wil jy kom saam jol dié jaar? Besoek gerus Klein-Kariba se webtuiste by https://klein-kariba.co.za/studentejol/ vir meer inligting of kontak die oord by 014 736 9800 of stuur ʼn e-pos na [email protected].

Sien jou by StudenteJOL 2023!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.