SA Huweliksweek is om die draai

paartjie-ondersteuning-huwelik

Foto: Pexels/Pixabay.com

SA Huweliksweek vind van 1 tot 7 September plaas en is deel van die Internasionale Huweliksweek wat jaarliks oor die hele wêreld plaasvind. Vanjaar se tema is “Jou huwelik maak saak”.

SA Huweliksweek is begin deur Liezel van der Merwe, redakteur van INTIEM-tydskrif. Sy het gesê dié veldtog wil paartjies help om aan hul huwelik te werk.

“Die doelwit van SA Huweliksweek 2017 is om soveel moontlik goeie saad vir huwelike te saai. Ons wil graag hiermee die herstel van huwelike aanmoedig en paartjies daaraan herinner: Wat jy saai, sal jy maai – ook in jou huwelik.”

Die veldtog bespreek onder meer hoekom dit vir jongmense nog die moeite werd is om te trou, in ʼn tyd waar dit al minder algemeen word.

Verskeie Suid-Afrikaanse bekendes tree as ambassadeurs vir dié veldtog op.

Elke getroude paartjie in Suid-Afrika word genooi om deel te neem aan dié inisiatief deur ʼn tweeledige aksie: Dóén iets en géé iets.

Deur gratis op die webwerf te registreer, word jy ’n lid van die veldtog, wat beteken dat jy elke dag van 1 tot 7 September gratis idees en digitale geskenke per e-pos sal ontvang.

Word deel van dié gratis veldtog deur op dié webwerf te registreer: www.sahuweliksweek.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

jack daniel ·

Liezel van der Merwe ek hoop jou huweliks week werk want vandag se dae is dit meer ‘n ‘vat-n-sit’ sittuasie. Hulle vat mekaar om huis-huis te speel en geen God, respek, liefde in die huwelik in te bring nie.
Ons is 37jr getroud te danke aan God. Ons huwelik is op die Rots (God) gebou. Jy moet eers God lief he voor jy jou jouself, wederhelf of kinders kan lief he. Wanneer jy God lief het kom respek vir God, jouself, wederhelf en kinders. Ons neem geen besluit voor ons God raadpleeg nie.
Sterkte Liezel! Alle voorspoed!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.