Skaterlag saam met dié komediante

Magtag! Om te lag is pragtig Foto: Verskaf

Magtag! Om te lag is pragtig Foto: Verskaf

Vergeet van al jou bekommernisse en lag ʼn slag saam met gewilde komediante soos Melt Sieberhagen en Shimmy Isaacs en selfs Suzelle DIY en Karen Zoid.

Afrikaanse komedie kom op 24 en 25 Junie op die voorgrond in die Magtag! Om te lag is pragtag!-multimediaproduksie by Carnival City se Big Top Arena aan die Oos-Rand.

Dié produksie sluit in tradisionele komedie, skerpskets, video en musiek.

Gewilde komediante soos Shimmy Isaacs, Melt Sieberhagen, Schalk Bezuidenhout en Monique Nortje is te sien. Videovertonings van Suzelle DIY en Karen Zoid gaan die gehoor vermaak tesame met musiek deur Bittereinder. Die aanbieder is Rian van Heerden.

Volgens Marita van Schalkwyk, kreatiewe hoof van dié produksie, is dit belangrik dat gehore Afrikaanse komedie moet steun om die groei van die laaste paar jaar te kan volhou. “Komedie in Suid-Afrika het werklik gegroei oor die laaste paar jaar met groter en beter vertonings wat jaarliks aangebied word. Meeste van dié vertonings is egter in Engels,” het sy bygevoeg.

“Ons wou iets aanmekaarsit wat Afrikaans vier omdat dit so unieke taal is. Sommige van die beste Afrikaanse komedie kan bloot net nie in ʼn ander taal oorvertel word sonder om die trefkrag daarvan te verloor nie,” het sy gesê.

kykNET gaan die vertoning verfilm en later op dié kanaal uitsaai. Dit sal die eerste keer wees dat ʼn Afrikaanse komedievertoning op die kanaal vertoon word.

Daar is ook geleentheid vir gehoorlede vir ʼn fotosessie saam met die komediante.

Die vertoning word gereël deur Whacked Entertainment. Bespreek kaartjies by Computicket. Besoek ook Whacked Entertainment se Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.