Verskeidenheid verhoë en gehalteproduksies by Innibos

Simoné Nortmann vermaak die gehoor by die Cell C Boma-kuierteater met 'n uittreksel uit haar eenvrouvertoning, Los Asseblief 'n Boodskap. (Foto: Leonie Bezuidenhout/Maroela Media)

Simoné Nortmann vermaak die gehoor by die Cell C Boma-kuierteater met ‘n uittreksel uit haar eenvrouvertoning, ‘Los asseblief ‘n boodskap’. (Foto: Leonie Bezuidenhout/Maroela Media)

Die Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees spog vanjaar met verskeie verhoë wat sorg dat feesgangers deurgaans vermaak bly.

Die Standard Bank-hoofverhoog huisves die keur van die Afrikaanse vermaakbedryf en daar word elke aand ʼn gratis* feeskonsert aangebied. Geliefde sangers soos Juanita du Plessis, Riana Nel, Dewald Wasserfall en ADAM het Woensdagaand die fees geopen met die Huisgenoot Afskopkonsert.

Donderdagaand neem die rockers dié massiewe verhoog oor en kunstenaars soos Karen Zoid, Francois van Coke, Valiant Swart, The Parlotones, Die Heuwels Fantasties, Jan Bloukaas en Spoegwolf beloof om die fees op horings te neem.

Bok van Blerk, Elvis Blue, Martin Bester, Kurt Darren, Karlien van Jaarsveld, Touch of Class en Elandré Schwartz is oorgehaal om feesgangers te vemaak tydens JacarandaFM se konsert wat Vrydagaand op die hoofverhoog plaasvind.

Saterdagaand sing Ray Dylan, Theuns Jordaan, Jo Black, Jay, Lianie May, Emo Adams, Snotkop, Robbie Wessels, die The Voice-wenner Craig Lucas, Monique Steyn, Ricus Nel, Tarryn Lamb en Liezel Pieters tydens die kykNET Konsert.

Die feesorganiseerders het nie van gospelmusiekliefhebbers vergeet nie en het die Loof Hom Innibos Konsert gereël vir Sondag 1 Julie. Duis Lig, Retief Burger, Jo Black, Anders, Stephanie Baartman, die Vusumuzi Duo Choir en Johan Brits tree tydens dié konsert op.

Die komediant Hannes Brümmer in aksie met sy eenmanstuk Wie's Jou Pappa? by die Cell C Boma-kuierteater. (Foto: Werner Bezuidenhout/Maroela Media)

Die komediant Hannes Brümmer in aksie met sy eenmanstuk ‘Wie’s Jou pappa?’ by die Cell C Boma-kuierteater. (Foto: Werner Bezuidenhout/Maroela Media)

Die Cell C Boma-kuierteater lok ook feesgangers met hul aanbiedings van stukkies teater uit die boonste rakke. Gehore kan hier agteroorsit en eenmanstukke, toneelproduksies en interessante onderhoude geniet. Toegang tot dié kuierteater is gratis ingesluit by die dagtarief.

Simoné Nortmann is te sien in haar eenvroustuk, Los asseblief ʼn boodskap, wat handel oor Nina van Zyl, ʼn platsak popster in die laat 90’s. Dit gaan nie baie goed met haar nie. Haar loopbaan het albei voete in die graf en sy sukkel al vir ses jaar om te skryf.

Die akteur en komediant Hannes Brümmer se eenmanstuk, Wie’s jou pappa?, ondersoek die impak van ouerskap op ʼn voormalige punk in plakkies, wat nou ʼn tuisbly-pappa in pantoffels is. Dit is ʼn eerlike, skreeusnaakse blik op ouerskap en ʼn toeganklike produksie vir nuwe ouers, voornemende ouers, grootouers en mense met ouers.

Neels van Jaarsveld, wat beskou word as een van Suid-Afrika se veelsydigste akteurs, deel ook in sy eenmanstuk, Op my eish!, hoe dit is om oornag volksbesit te word en in ʼn oogwink te gaan van klein paddavisvangende Kuilsrivier-seuntjie na ʼn huishoudelike naam.

Schalk Lingenfelder, bekend as die Doringdraad Komediant, en die kulkunstenaar Wian Magician maak ʼn draai op die Cell C Boma-kuierteaterverhoog en Leon Ecroignard, Hennie Jacobs en Jahn Beukes voer hul produksie, STOK, uit.

Hannes van Wyk bespreek die kunstebedryf met sangers (van links na regs) Arno Jordaan, Willem Botha, Franja du Plessis en Ampie. (Foto: Leonie Bezuidenhout/Maroela Media)

Hannes van Wyk bespreek die kunstebedryf met sangers (van links na regs) Arno Jordaan, Willem Botha, Franja du Plessis en Ampie. (Foto: Leonie Bezuidenhout/Maroela Media)

Wynand en Chereé Strydom is saam met Alan Hughes te sien in Dis ʼn Weskus ding. Die drie kunstenaars span kragte saam om vars nuwe stories asook akoestiese musiek uit die hartjie van die Weskus aan te bied.

Hannes van Wyk, aanbieder van die kykNET-joernaalprogram Kwêla, voer elke dag tydens die fees geprekke met kunstenaars en ander rolspelers in die bedryf. Tydens dié onderhoude kry feesgangers ook die geleentheid om hul kwelvrae aan die paneel te stel.

Arno Jordaan, Willem Botha, Franja du Plessis en Ampie het Donderdag op Hannes se bank gekuier. Vrydag word daar agter die skerms gekyk en gesels Hannes met suksesvolle regisseurs en vervaardigers soos Giep van Zyl, Wessel Pretorius en Margit Meyer-Rodenbeck.

Saterdag kuier gesoute verhoogakteurs soos Paul du Toit (vanjaar te sien in Uit die bloute), Sandra Prinsloo (te sien in Soebatsfontein), Gideon Lombard (te sien in Die reuk van appels) en Wynand van Vollenstee (te sien in ʼn Gewigte saak) op Hannes se bank.

Die kykNET Bosbioskoop bied die geleentheid vir feesgangers om na die beste van die Silwerskermfees se flieks te kyk. Daar word ook ʼn Leon Schuster-fliekfees aangebied. Dié akteur en rolprentmaker word vanjaar tydens die fees vereer vir sy bydrae tot die Suid-Afrikaanse vermaakbedryf.

Flieks soos Vuil Wasgoed, Vaselinetjie en Susters is ook hier te sien. Vir meer inligting oor kaartjies besoek Innibos se webwerf.

*Die konserte is gratis vir feesgangers wat die dagtarief betaal het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Paul ·

Ek is geen, maar geen Steve aanhanger nie, was nog nooit, maar die optrede teen hom deur inniebos (daar sit iemand agter inniebos, dalk ‘n struik en nie ‘n bos nie, wat so besluit het, of uit eie wil of deur druk toegepas) het my na sy uitsprake laat luister en ek luister nog steeds nie na sy musiek nie, maar ek respekteer hom wat hy vir die land wil doen. Ek respekteer hom vir die standpunt wat hy inneem. Ek woon so ‘n paar kilometer van die hoof terrein af, ek hoor die sang in die aande, maar hulle sien my verseker nie daar nie.

Nou vra ek, waarom laat ander regdenkendes nie van hulle hoor nie?!

Maroela, moet my nie sensureer soos inniebos vir Steve nie. Of dan liewer my my stem ontneem in ‘n domokratiese SA nie.

Kassie ·

Die linkse mediagroep wat ons kultuur probeer verander, want ons subtiel probeer wegdruk en wat die nuwe wereldorde erteenwoordig, sit agter dit.

Biltong ·

Geniet die fees en hou op stupid wees. Steve in NIE die fees!!!

Dave ·

Ek verag inniebos. Im alle kulture word die volk se opkoms, nasietrots, geskiedenis en toekomshoop in die kunste uitgebeeld. Maar omdat oms wit en Afrikaans is, mag ons dit noe doen nie. Hierdie verbod is verwerplike politieke inmenging in ‘n volk se kultuur. Ek verag innibos.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.