Vier Voortrekkermonument se 80ste verjaardag met wedloop

Die Voortrekkermonument-halfmarathon (Foto: Verskaf)

Die Voortrekkermonument-halfmarathon wat op Saterdag 24 November plaasvind, vorm deel van die monument se 80-jarige feesviering.

Die wedloop begin en eindig by die Voortrekkermonument en die roete vind ook plaas binne die terrein van die Voortrekkermonument en -natuurreservaat. Daar word ook ’n 10 km-wedloop en ’n 5 km-pretdraf aangebied.

Die roete sluit van Pretoria se bekendste bakens in. Benewens die feit dat atlete vir die grootste deel van die wedloop die Voortrekkermonument in sig sal hê, neem die roete atlete verby die Muur van herinnering, die Erfenissentrum, Fort Schanskop, die Danie Theron-standbeeld en die amfiteater.

Die wedloop vind grotendeels op die teer en geplaveide paaie rondom die monument plaas, terwyl trappe van die amfiteater ook op die roete is.

Die Voortrekkermonument-halfmarathon (Foto: Verskaf)

Die roete is gewis uitdagend, maar deelnemers word getrakteer met ʼn asemrowende uitsig oor die hoofstad, asook die ryk natuurlewe binne die natuurreservaat se grense.

Deelnemers wat die wedloop voltooi word beloon met ’n medalje wat die monument se 80ste verjaardag gedenk.

Inskrywingstafels sal op Vrydag 23 November van 14:00 tot 18:00 by die monument beman word, asook die oggend van die wedloop, van 04:30 tot 06:00. Meer inligting oor die wedloop is beskikbaar by www.vtmklub.co.za terwyl e-pos met navrae ook gestuur kan word na [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

B ·

Wonderlike inisiatief van die VTM D&S Klub + Monument Bestuur.
Kan nie wag, wie sien ek daar! ??

(Maar eina-pyn, ek ken daai mini berge al ? )

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.