Wen: Geniet dié naweek ’n wynfees in Centurion!

Tokara-wyne is deel van die groot verskeidenheid by die fees. (Foto: Verskaf)

Die gesogte jaarlikse Oesfees wat by Leriba Hotel en Spa gehou word, vind hierdie naweek van 26-27 Mei weer plaas. Dié fees stel uitsoekwyne van meer as 100 bekroonde kelders in Suid-Afrika beskikbaar.

Die verskeidenheid SA topwyne sal aangevul word met uitgesoekte kase, olywe en speserye. Vars oesters en ʼn verskeidenheid vonkelwyne sal ook beskikbaar wees.

Heerlike maaltye kan by Leriba se twee restaurante, die bekroonde Hemmingway’s Restaurant & Wine Cellar en Chapters Restaurant gekoop word. Professionele sjefs van verskeie sjefskole in Suid-Afrika sal ook interaktiewe kookklasse aanbied.

(Foto: Verskaf)

Kaartjies sluit ʼn gratis wynglas en wynproe in en kan deur Computicket teen R150 gekoop word, of by die hek vir R160. Leerders onder 18 kan verniet toegang verkry en groepbesprekings is beskikbaar. ʼn Pendeldiens is ook van die Centurion Gautrein-stasie af beskikbaar.

WEN: Vyf lesers en hul metgeselle kan dié fees op 26 of 27 Mei bywoon. Om in te skryf, stuur jou naam, van, kontaknommer en antwoord na [email protected] en beantwoord die volgende vraag: Waar word die jaarlikse Oesfees gehou? Elke wenner wen ʼn dubbelkaartjie en word per e-pos in kennis gestel. Bepalings en voorwaardes geld. Vir meer inligting oor dié fees, besoek hul Facebook-blad hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.