Wen: Wyn-en-kosfees om die lente te verwelkom

Die 16de Fijnwyn Wyn-en-kosfees word eerskomende naweek by die Shokran Events-venue in Pretoria-Oos gehou.

“By Fijnwyn probeer ons ’n ontspanne Kaapse atmosfeer skep en Shokran is die perfekte omgewing vir ʼn dekadente smaak-avontuur!” het Charmain Lourens, bestuurder van die fees, gesê.

“Shokran is geleë tussen pekanneut- en amandelplantasies, in die buitewyke van Pretoria-Oos. Daar is wyn van 40 wynplase, heerlike kos en om dit af te rond, kan jy sit en luister na musiek deur ongelooflike Suid-Afrikaanse talent.”

Bekende wyne van onder meer Babylonstoren, Bartho Eksteen, De Krans, Louis57, Beyerskloof en nog vele meer sal by dié fees beskikbaar wees. Vermaak vir die kinders word ook verskaf.

Fijnwyn hou in 2018 vier feeste deur die jaar, en hierdie een is spesifiek daarop gefokus om die lente te vier.

“Dit is die ideale omgewing vir families om die dag te kom geniet, terwyl hul sintuie bederf sal word met wyn, kos en musiek.”

Fjinwyn innie lente vind op 22 en 23 September plaas. Vir meer inligting besoek hul webtuiste hier.

WEN: Vyf gelukkige Maroela Media-lesers kan elk ʼn dubbelkaartjie na Fjinwyn innie lente op Sondag 23 September wen. Om in te skryf beantwoord die vraag: Waar vind die fees plaas? Stuur jou antwoord, naam, van en kontaknommer na [email protected] voor Donderdag 20 September.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.