‘Getroud met rugby’-aktrise, man verwag eerste pienkvoet

Die foto waarmee sy die nuus bevestig het. Foto: Instagram via @nadiabeukes

Nadia Beukes, die bekende aktrise wat tans te sien is as die sielkundige Iva in die kykNET-sepie Getroud met rugby, het pas aangekondig dat sy en haar man, David de Villiers, hul eersteling verwag.

Beukes het dié nuus op sosiale media gedeel.

Sy skryf op Instagram: “#liefdewen inderdaad. Ons is so opgewonde om aan te kondig ons eerste bondeltjie liefde sal later vanjaar arriveer. #avontuurwag Sien uit om dit met my wonderlike man te deel.”

Die inskrywing is saam met ʼn skattige foto waarin Nadia en David klere met die woorde “Liefde wen” daarop dra en ʼn bypassende speelpakkie vir ʼn baba vashou.

kykNET berig die twee het verlede jaar gesels oor ouerskap.

“Ek en David het einde 2017 begin gesels oor ouerskap en gedink ons sal kyk wat gebeur in 2018, maar nooit gedink ons sal so vinnig swanger raak nie.”

“’n Week later, een dag voor Kersfees, het ek ’n swangerskaptoets by die huis gedoen en die goeie nuus is bevestig. Ek het die uitslae bewaar en besluit om dit toe te draai as ’n Kersgeskenk wat ek vir David op Kersdag gegee het toe ons alleen was vroeg die oggend. Hy was omtrent verbaas en verskriklik bly.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ouma B ·

Liewe Nadia en David, baie, baie geluk met jul swangerskap! Mag ons Hemelse Vader jou seën met ‘n veilige swangerskap en jul babatjie vir julle slegs vreugde en liefde besorg. Ek is een van jou bewonderaars Nadia vandat ek jou die 1e keer in ‘n artikel ‘raakgelees’ het en natuurlik was ek baie opgewonde toe ek jou raakloop op ‘Getroud met rugby! Liefde en blessings vir julle!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.