Hart van Windhoek-fees

16-17 September

HUISGENOOT SE HART VAN WINDHOEK-FEES IS GROTER, BETER, MÉÉR

As jy dink verlede jaar was Huisgenoot se Hart van Windhoek-fees lekker, gaan jy dit vanjaar dubbel en dwars geniet. Dit word vanjaar 16 en 17 September by die Doc Jubber Hokkievelde, Olympia in Windhoek gehou. Nie net is daar meer as 60 kunstenaars wat saamspan om vermaak uit die boonste rakke te verskaf nie, die internasionale sangsensasie Westlife kom heelpad van Ierland om ons op Vrydag 16 September te vermaak.

“Ons is baie opgewonde oor vanjaar se fees,” sê Willem Breytenbach, hoofbestuurder van Media24 se Weeklikse Tydskrifte. “Vanjaar is groter en beter as verlede jaar en dit is veral Westlife wat die skares gaan lok.”

Dit is die tweede jaar dat Huisgenoot die Hart van Windhoek-fees in samewerking met Hilltop Live aanbied. FNB Namibia, KykNet, Tafel Lager en Shoprite en Checkers span ook saam om dit ’n treffernaweek te maak. Shoprite en Checkers sorg vir ’n kos-area met allerhande kosstalletjies sodat almal kan smul aan egte Windhoek-kos. Die finaliste van Shoprite en Checkers se 2011 Champion boereworskompetisie vir Namibië sal mense ’n voorsmakie gee van hul wenresepte en die boereworskampioen stap weg met ’n splinternuwe motor.

Tafel Lager is die amptelike koue goue van die fees en sal sorg vir meer as 100 meter-kroegruimte, tewyl FNB finansiële dienste bied in die vorm van ’n kontantlose kaart waarop feesgangers kontant sal kan laai vir verhoogde veiligheid. Behalwe Westlife kan mense uitsien na optredes deur Romanz, Nianell, Kurt Darren, Theuns Jordaan, Charlize Berg, Heinz Winckler, Charné, Kobus Muller, Viljoen Retief, Adam Tas, Wicus van der Merwe, George Meiring, Adam, Snotkop, MoniQue, Jay, Bongi, Corlea, Melissa van der Spuy, Broers, Lee Scott, Die Heuwels Fantasties, Nicholis Louw, David Fourie, Dewald Louw, Sorina – die Flooze, Karlien Husselman, Freshlyground, Ludik, Pieter Naudé en die Namibiese kunstenaars Thysa Jacobs, Koos van Zyl, Joggie en André, Wambüseun, Lady May.

As jy van ver af kom om die fees by te woon benut die Huisgenoot-reisklubpakkette na Windhoek. Daar is ’n vlieg-pakket en ’n self-ry packet en dit sluit vliegkaartjies (waar van toepassing), verblyf en toegang tot die fees in. Vir nog inligting bel 011-886-9545 of stuur ’n e-pos aan [email protected].

Kaartjies vir die feesterrein is beskikbaar by Computicket in jou naaste Shoprite en Checkers teen N$205 vir Vrydag (sluit toegang na die Westlife-konsert in) en N$120 vir Saterdag. Kaartjies by die hekke sal beskikbaar wees teen N$250 vir Vrydagaand en N$150 vir Saterdag. Bespreekte parkering is beskikbaar teen N$30 per dag. Kinders betaal slegs N$100 op Vrydag en N$60 Saterdag.

Koelte-areas en stoele sal vanjaar verskaf word en geen drankies wat nie in plastiekhouers is nie, sal toegelaat word om die kroegareas te verlaat nie. Geen stoele, sambrele of koelbokse van buite sal toegelaat word nie.

Besoek hulle webtuiste hier

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.