Help kies aan ʼn Mej. SA-finalis

Yuta Raubenheimer (Foto: Twitter)

Yuta Raubenheimer (Foto: Twitter)

Die 26 semifinaliste in die Mej. SA-kompetisie is onlangs aangewys en vir die eerste keer in die geskiedenis van dié gewilde kompetisie kan die publiek help besluit wie gekroon moet word.

Uit dié 26 semifinaliste gaan eindelik 12 finaliste aangewys word om tydens die kroningsgeleentheid by Sun City in Maart vanjaar mee te ding.

Die semifinalis wat die meeste stemme van die publiek ontvang, sal outomaties as een van die finaliste gereken word.

Sun International, die organisasie wat die kompetisie aanbied, het in Julie aangekondig vanjaar se kroondraer gaan ʼn allemintige R1 miljoen-kontantprys ontvang. Benewens dié prys wen sy ook ʼn nuwe motor, ʼn oorsese vakansie en ander pryse van meer as R2 miljoen.

Die huidige Mej. SA, Ntandoyenkosi Kunene, gaan by dié geleentheid die kroon oorhandig.

Claudia Henkel, voormalige Mej. SA en mediabestuurder van Sun International, het gesê dié kompetisie ploeg terug in die lewe van vroue en probeer ook hul lewens verander. “Die kontantprys sal die wenner se lewe vir altyd verander en haar in staat stel om enigiets te bereik wat sy in haar lewe wou doen. Ons wil die beste persoon vir dié belangrike rol lok,” het sy gesê.

Die kompetisie gaan nie nét oor skoonheid nie en deelnemers moet verskeie projekte takel waarby verskillende gemeenskappe kan baat vind as deel van hul mededinging om die kroon.

Hoe stem ek? Aan elke semifinalis is ʼn nommer toegeken. Besoek die Mej. SA-webwerf om dié nommer te kry. Stuur die nommer dan aan 45791. SMS’e kos R1. Bepalings en voorwaardes geld.

https://youtu.be/00Piguue310

Tshegofatso Monggae (Foto: Twitter)

Tshegofatso Monggae (Foto: Twitter)

Shenai Bridglall (Foto: Twitter)

Shenai Bridglall (Foto: Twitter)

Shelbe Pretorius (Foto: Twitter)

Shelbe Pretorius (Foto: Twitter)

Shané Naidoo (Foto: Twitter)

Shané Naidoo (Foto: Twitter)

Saskia Wagner (Foto: Twitter)

Saskia Wagner (Foto: Twitter)

Priyeshka Lutchman (Foto: Twitter)

Priyeshka Lutchman (Foto: Twitter)

Shae De Le Cruz (Foto: Twitter)

Shae De Le Cruz (Foto: Twitter)

Odirile Sepeng (Foto: Twitter)

Odirile Sepeng (Foto: Twitter)

Ntombikayise Msimango (Foto: Twitter)

Ntombikayise Msimango (Foto: Twitter)

Nompumelelo Mampholo (Foto: Twitter)

Nompumelelo Mampholo (Foto: Twitter)

Nicole van Niekerk (Foto: Twitter)

Nicole van Niekerk (Foto: Twitter)

Milanie Cilliers (Foto: Twitter)

Milanie Cilliers (Foto: Twitter)

Michelle Kruger (Foto: Twitter)

Michelle Kruger (Foto: Twitter)

Lou-Marie Taljaard (Foto: Twitter)

Lou-Marie Taljaard (Foto: Twitter)

Keipeile Dintoe (Foto: Twitter)

Keipeile Dintoe (Foto: Twitter)

Kayla Malherbe (Foto: Twitter)

Kayla Malherbe (Foto: Twitter)

Jessica Tovey (Foto: Twitter)

Jessica Tovey (Foto: Twitter)

Iman Mkwanazi (Foto: Twitter)

Iman Mkwanazi (Foto: Twitter)

Devoney Crossman (Foto: Twitter)

Devoney Crossman (Foto: Twitter)

Demi-Leigh Nel-Peters (Foto: Twitter)

Demi-Leigh Nel-Peters (Foto: Twitter)

Chante Holloway (Foto: Twitter)

Chante Holloway (Foto: Twitter)

Callie-Jo Bouman (Foto: Twitter)

Callie-Jo Bouman (Foto: Twitter)

Boipelo Mabe (Foto: Twitter)

Boipelo Mabe (Foto: Twitter)

Ade van Heerden (Foto: Twitter)

Ade van Heerden (Foto: Twitter)

Zozibini Tunzi (Foto: Twitter)

Zozibini Tunzi (Foto: Twitter)

Yuta Raubenheimer (Foto: Twitter)

Yuta Raubenheimer (Foto: Twitter)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

JB ·

Amper almal lyk na plastiek. Waarom is natuurlik so afstootlik deesdae? Skrop skoon, haal af, haal uit en dan kyk ons weer.

Marianne ·

Is die pre-approved girls almal in a mold gedruk vir ‘n modehuis wat net SO ‘n tipe versoek???
Die meisies is verbeeldingloos… Waar is die WOW factor girls???
Michelle Bruce met DAAI HARE
Cindy Nell met DAAI LYF EN SMILE
Roelien Strauss met DIE WHA WHA WOOM

Bertus ·

Ek lees (met instemming) dat Maroela Media binne ‘n “Christelike raamwerk” sy waardes beoefen, ek dink dit is een van die redes waarom meer Afrikaners hier kom lees. Maar nou wonder ek: sou die Jesus van die Christelike raamwerk (die Bybel) hierdie halfnaak foto’s goedkeur? Sou Hy dit goedkeur dat vroue se liggame so blootgestel word ? Wat maak Maroela Media dan anders as die hoofstroom media wat die Christelike raamwerk en waardes (soos kuisheid) al lankal verwerp het? Dankie vir jul antwoord.

Kobus ·

Bertus gaan jy met oogklappe na die openbare swembad of strand toe….die meisies is nou nie my persoonlike smaak….maar hul maak toe wat toe moet wees….jy bietjie eng

foxi ·

Pragtige dames………maar iets lyk nie vir my reg nie. Is dit nou die foto’s HOE dit geneem is of wat……al die dames se neuse lyk knopperig………

Bertus ·

Kobus, die strand of swembad sê nie hul staan op Christelike waardes nie, Maroela Media wel, en daarom dink ek dit wat MM wys en hoe hul dit wys, moet nie daardie waardes weerspreek nie. ‘n Christelike waardesisteem of raamwerk vra wat is reg of verkeerd volgens die Bybel, tot eer van die Here en liefde vir ons naaste (veral ook in hierdie tye wat vrouens so liggaamlik uitgebuit word en ‘n valse beeld uitgestuur word aan jongmense dat jou liggaam, “looks” bepaal jou waarde in die lewe). Is Jesus ook te “eng” vir jou oor sy woorde in Matteus 5:27-30?

Bernice ·

Ek glo dat elke dame wat deelneem het iets spesiaal om hier deel te neem , maar ek kan nie kies nie ,want daar is nie een wat kop bo skouers uit staan nie.

PietSpier ·

Ek dink al daai meisies sal graag ‘n indruk op my wil maak.

Waarheid ·

Dis nié die Uiterlike maár daardie vlam binne wat moet gloei deur gelaats trekke en glans skyn deur die oë ..dán kom die Wou! Die hele lyftaal verander só ook die stemtoon. Jy het dit of nié. Stem sien nié hier die moontlike.:(

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.