Karoo-Lus

16-17 September 2011

Karoo (kə’ru:) n, …2 ‘n periode of rots sisteem in Suidelike Afrika… gedeel in die laer en hoër Karoo.

Lus s.nw… 1 Begeerte, aandrif, geneigdheid: Lus kry vir iets…2 Hartstog; sinlike begeerte…3 Plesier, genot… ww (gelus) Hou van, ‘n begeerte hê vir:…

KAROO-LUS: “‘n Hartstogtelike, sinlike begeerte vir alles so lekker, so uniek van my Karoo, watter plesier gee dit my nie?”

Die eerste Karoo-lus is in 2010 gehou as die brein kind, en onder leiding van die voormalige Dam Dag fees komitee. Karoo-lus is geinspireer deur die Dam Dag fees komitee om die Dam Dag geleentheid te herontwikkel in ‘n fees met ‘n laer risiko, aangesien die terein waar Dam Dag aangebied was, te klein geword het en jaarliks onder water was na goeie reën. Die eerste Karoo-lus is in Maart 2010 aangebied by die immer groen Botaniese Sport gronde binne Graaff-Reinet, en was ‘n reuse sukses.

Die “nuwe” fees komitee, het die houding aangeneem, met die reel van die eerste Karoo-lus, van “gaan groot of gaan huis toe”. Top nasionale musiek sterre het die gehoor, van amper 5000 mense bekoor, terwyl meer as 80 stalletjies gesorg het dat almal iets te ete, te drinke en te “geskenke” het. Karoo-lus is ‘n kultuur ryke fees wat jaarliks gehou sal word in die juweel van die Karoo, Graaff-Reinet. Die Karoo is een van Suid Afrika se mees geliefkooste areas. Die Karoo is ryk aan erfenis, die Karoo is bekend vir sy wye oop landskappe, sy vriendelike mense, sy sonsondergange, sy bokhaar, sy windpompe, sy lam… Die Karoo moet gevier word deur ‘n geleentheid met ‘n identiteit so uniek soos die Karoo self. Karoo-lus is ‘n viering van een van die natuur se mees ongelooflike landskappe, ‘n fees wat ons tradisies, ons leefstyl, kos, musiek, kuns toerisme en soveel meer vier. Karoo-lus is ‘n fees met ‘n onmeetbare potesiaal om een van Suid Afrika se top feeste te word

Besoek hulle webtuiste hier

Karoo-lus 2011 program

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.