Kierieklapper Kunstefees

4-6 Augustus 2011

DIE 11DE MUTUAL & FEDERAL AGRI KIERIEKLAPPER KUNSTEFEES SE GRATIS VERMAAK
Bo en behalwe al die bekende name wat hierdie jaar se Mutual & Federal Agri Kierieklapper Fees gaan ophelder, sal daar ook geleentheid gegee word vir verdere vermaak op die Caste Lager Gratis Verhoog vir oud en jonk.

Bedrywighede op die gratis verhoog sal elke dag van die fees kook met verskeie aktiwiteite. Plaaslik talent in die vorm van Z’s Dance Studio, Mokopane Gimnastiek Klub, die Waterberg Boereorkes, Trompoppies van Laerskool Krugerpark en Amaflores Blommeklub se prysuitdeling sal aan feesgangers wys dat Mokopane baie verskuilde talent het.

Verskeie musiek vertonings sal ook gedurende die drie dae op die Caste Lager Gratis Verhoog aangebied word. Donderdag se program word afgeskop deur onder andere Mia Louw en “The Crystals”. Mia het geen bekendstelling nodig nie aangesien sy een van die trotse uitvoerprodukte van Mokopane is wat al verskeie optredes regoor Suid-Afrika op haar kerfstok het.Neels en Alta Marais oftewel “The Crystals” is ’n groep van Polokwane wat lekker ligte vermaak tydens die fees gaan verskaf.

’n Verdere aantrekkingskrag is natuurlik die optrede van Willem Botha Vrydag en Saterdag.
Willem het na hy as naaswenner die Kyknet se Afrikaanse Idols program in 2007 aangewys is, by die musiekwêreld betrokke geraak en met sy unieke ‘moves’ en energie is hy ’n gewilde kunstenaar.

Nog ’n oud-inwoner van Mokopane kom hierdjaar ook tydens die fees kuier. Jammies Jamneck se voorneme is om 2011 ’n jaar van lag te maak en dit is ook sy doel met elke vertoning wat hy hou. Jammies is bekend vir sy komedie maar hy is ook ’n goeie musikant.

Ander kunstenaars wat ook te sien sal wees sluit in Corrie en Lilian, Leroi, the Fossils, Reinier, 35 Seconds Remain, Nadia en Kris Jay.

Kris Jay, ‘n bekende in rugby kringe het gedurende sy seisoen by Saracens in Londen het hy die 2009-treffer “Stand up for the Champions” saam met Right Said Fred opgeneem, wat die temalied van vier NFL voetbalspanne in Amerika geword het. Dit is gedurende hierdie opname dat hy van vooraf verlief geraak het op sy droom en passie vir musiek en die besluit geneem het om hierdie droom na te streef. Sy gehoor ken hom as Kris Jay, die sanger met die strelende stem wat so pas sy debuutalbum, “Dammit I Lovit!!” opgeneem het.

Hy het as kind saam met Bles Bridges “getoer” en later as hooftenoor van die Suid-Afrikaanse Jeugkoor opgetree. Terwyl hy in Londen was gedurende 2009 het hy vir Britain’s Got Talent ingeskryf, maar moes onttrek weens ‘n aanbod van die Griekwas om by hulle span in Suid-Afrika aan te sluit.
Kris Jay is ‘n relatiewe nuweling op die klassieke/strelende musiekfront, dog sy aanhangers groei sterk aan.

Corrie is ‘n kitaarspeler/sanger wat al vir as vyftien jaar optree. Hy het al menige talentkompetisies gewen en is gewild as MC by menige feeste.

Nadia tree al sedert haar kinderjare op. Tydens haar studies aan die Universiteit van Pretoria, het sy die Mimi Coertze prys gewen om opera te studeer, maar haar hart lê by ligte musiek en het sy besluit om daarvan ‘n toekoms te maak. Nadia werk tans aan haar debuut cd waarop sy onder andere Afrikaanse nommers van bekende Afrikaanse kunstenaars, wat hulle net vir haar skryf, sing.

Lilian leef haar droom uit wanneer sy kan sing en soos sy in haar eie woorde sê: “Sang en musiek oor die algemeen was nog altyd die grootste deel van my lewe en selfs net die gedagte daarsonder skilder ‘n lewelose prent.” Haar doel is om mense se lewens aan te raak deur musiek wat sy sing.

Maak seker dat kaartjies vir die vertonings en produksies vroegtydig bespreek word. Van die produksies is reeds uitverkoop. Kaartjies is beskikbaar by die Dienssentrum of by Blackie Swart Eiendomme.

Besoek hulle webtuiste hier

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.