Kompetisie: Corlea, Ruhan du Toit terug met ‘About Time’

Corlea Botha (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Daar is goeie nuus vir musiekliefhebbers wat laas jaar Corlea en Ruhan du Toit se produksie About Time misgeloop het.

Op 5 Februarie is dié twee dinamiese solo-kunstenaars terug by die Rockwood-teater in Pretoria.

“Ek en Corlea kikker ʼn paar tydlose én moderne treffers op in die produksie,” vertel Ruhan du Toit.

Albei kunstenaars vier ongeveer 26 jaar in die musiekbedryf. Afgesien van Corlea se verstommende tegniese stemvermoë, is sy bekend vir haar emosionele interpretasie van lirieke.

Ruhan du Toit is ook nie ʼn vreemdeling in plaaslike musiekkringe nie. Hy het op tienjarige ouderdom sy eerste album vrygestel en het sedertdien ʼn suksesvolle solo-loopbaan. Hy het in 2012 by Touch of Class aangesluit en weer in 2019 sy solo-loopbaan hervat.

About Time word ten bate van Corlea se Genadesak-projek aangebied, wat poog om ʼn verskil te maak in die lewe van vroue in nood.

Ruhan du Toit (Foto: Ruhan du Toit/Facebook)

“Ons almal kan deel wees van iemand se nuwe begin,” sê Corlea. “Ons nooi dus almal uit om ou óf nuwe handsakke vol sanitêre produkte, toiletware, grimering of parfuum saam te bring.”

Die produksie is laas jaar in ʼn stampvol teater aangebied met net minder as 600 kaartjies wat verkoop is. Dit blyk dat vanjaar s’n ewe suksesvol sal wees.

Wian Smith van The Marketing Zoo het bevestig dat daar ongeveer 100 kaartjies vir dié vertoning oor is.

“Die goeie nuus is wel dat dit later vanjaar ook na ander stede in die land sal toer. Aanhangers kan Corlea en Ruhan se sosialemedia-platforms dophou vir meer inligting,” het Smith bygevoeg.

Gehoorlede kan kragtige solo-optredes van Corlea verwag en ook uitsien na Ruhan du Toit wat hulle op ʼn sielvolle reis met sy gunstelingtreffers sal neem.

Koop hier kaartjies vir About Time wat op 5 Februarie om 20:00 by die Rockwood-teater in Pretoria plaasvind. Kaartjies kos R150.

Wen

Al wat jy moet doen om in aanmerking te kom vir ʼn gelukstrekking is om jou besonderhede in die kompetisievorm onderaan hierdie artikel in te tik.

Die sluitingsdatum vir die kompetisie is 30 Januarie 2020 om 23:45.

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes

  • Die wenners sal deur middel van ʼn trekking aangewys word.
  • Wenners is self vir reis- en verblyfreëlings verantwoordelik.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Die trekking sal op 31 Januarie plaasvind waarna die wenners per e-pos ingelig sal word.
  • Indien enige van die betrokke persone nie binne 48 uur reageer nie, sal ʼn volgende wenner aangewys word en die oorspronklike wenner sal die prys verbeur.
  • Sodra alle wenners gereageer het, sal hul name op sosiale media en op Maroela Media bekendgemaak word.
  • Die pryse kan nie vir kontant omgeruil word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.