Konsertgids: Opera, klassieke musiek dié naweek te hoor

Rocco de Villiers.

Aanlyn konserte, of kwarantynkonserte soos sommige kunstenaars daarna verwys, is aan die orde van die dag sedert die inperkingsmaatreëls ingestel is om die verspreiding van Covid-19 te bekamp.

Maroela Media het ʼn konsertgids saamgestel van aanlyn konserte waarmee musiekliefhebbers dié naweek kan ontspan.

Terloops, op 17 Oktober hou Maroela Media fliekpiekniek! Kom sprei jou kombers, geniet die heerlikste happies, geniet die musiek van Jak de Priester en kyk twee van die mooiste Afrikaanse flieks saam met ons. Daar is ook ʼn veilige speelplek vir kinders.

Ons is opgewonde dat Jak de Priester as kunstenaar by ons aansluit vir musiekvermaak voor die twee flieks.

Bespreek dus sommer nou al jou piekniekplek by Monte De Dios in die ooste van Pretoria vir Maroela se fliekpiekniek op 17 Oktober 2020. Kom geniet ligte musiek en vermaak vanaf 15:00. Die eerste fliek, Dominee Tienie, word om 17:00 vertoon. Katinka Heyns se immergewilde Die storie van Klara Viljee is om 19:00 te sien.

Kaartjies kos slegs R100 per persoon (kinders onder 18 is gratis) en is hier te koop.

Vrydag 9 Oktober

Op ʼn Hoë Noot is ’n luisterryke aanlyn konsert saamgestel deur die sopraan Michelle Veenemans. Die konsert is in Michelle se sang-ateljee opgeneem en Barbara en Rochelle Veenemans sluit by haar aan vir ’n vrolike potpourri van hulle gunsteling-opera-arias, arias uit die operettes en liedere uit die musiekblyspele en musiekteater. Hulle sing werke van Catalani, Puccini, Zeller, Lehár, Albinoni, Arditi, Gilbert and Sullivan, Christa Steyn en andere.

Alle inkomste van hierdie konsert gaan aan die Pierneefteater. Kaartjies kos R75 en is hier beskikbaar.

Sondag 11 Oktober

Ná ʼn afwesigheid van meer as vyf maande is Lefra Produksies weer op die planke met vier produksies by Carnival City se Mardi Gras-teater, en bied die volgende paar weke ʼn verskeidenheid skreeusnaakse komedies en keurige musiek in die Mardi Gras-teater by Carnival City aan. Rocco de Villiers skop die Lefra Applouskonserte af op Sondag, 11 Oktober om 15:00, met sy produksie Kortbroek, Langkouse.

Besprekings vir al die Applouskonserte kan gedoen word by Computicket by 0861 915 8000, of aanlyn by www.computicket.com. Groepe van meer as 10 kry oudergewoonte ʼn lekker afslag – skakel Monica by (011) 815-3000, of stuur ʼn e-pos aan [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.