Konsertgids: Valiant Swart, Jak de Priester die naweek regstreeks te sien

Jannie du Toit.

Aanlyn konserte, of kwarantynkonserte soos sommige kunstenaars daarna verwys, is aan die orde van die dag sedert die inperkingsmaatreëls ingestel is om die verspreiding van die koronavirus (Covid-19) te bekamp.

Konsertgangers kan egter nou ook weer afsit na die naaste teater of konsert-venue vir aanbiedings deur hul gunstelingkunstenaars.

Maroela Media het ʼn konsertgids saamgestel van konserte waarmee musiekliefhebbers kan ontspan.

Donderdag 12 November

Johnathan Martin stel Donderdag sy album in die Pierneefteater bekend met die vertoning Into the Nebulous Night. Tertius du Plessis (baskitaar) en Paul van de Waal (perkussie) sal saam met hom op die verhoog wees.

Die vertoning begin om 19:00 en kaartjies kos R110. Kaartjies kan bespreek word by [email protected].

Vrydag 13 November

Jak de Priester in aksie by Maroela Media se fliekpiekniek (Foto: Esté Meyer Jansen/Maroela Media)

Jannie du Toit bied Vrydag sy jaarlikse Kersprogram, In Kersfeestyd 2020, aan in die Pierneefteater. Susan Mouton is op tjello en Chanie Jonker op klavier. ʼn A capella-sanggroep, Breathe, gaan ook optree.

Kaartjies kos R130 vir volwassenes en R110 vir pensionarisse en kinders. Kaartjies is beskikbaar by [email protected].

Die nimlike Jak de Priester is Vrydag in Die Blou Hond-teater te sien. Die vertoning sluit ʼn driegangmaaltyd in.

Kaartjies kos R460 en is hier beskikbaar.

Saterdag 14 November

Helena Hettema is Saterdag saam met Elsa Strating op klavier te sien in die Pierneefteater.

Van “Divine” tot ʼn tikseltjie “Rooiwynliefde”, liedjies van die Franse legendes en tydlose blyspele soos Fiddler on the Roof, Wizard of Oz en Lés Miserables.

Die vertoning begin om 19:00. Kaartjies kos R130 vir volwassenes en R110 vir pensioenarisse en kinders. Kaartjies is beskikbaar by [email protected].

Sondag 15 November

Valiant Swart. (Foto: Facebook)

Die gewilde rocker Valiant Swart is Sondag saam met Kirsten Richard en Jemma Pheiffer by Monte de Dios in Pretoria te sien tydens die Song vir ʼn gin-piekniekgeleentheid.

Verversings is op die perseel by die Carabella-restaurant beskikbaar. Kaartjies kos R180 en is hier beskikbaar of kan by [email protected] bespreek word.

Woensdag 18 November

“Waar kom grappe vandaan?” In ʼn stowwerige kantoor sit twee wesens wat die humor-afdeling hanteer met groot moeilikheid: Die mensdom kan nie meer humor verstaan of waardeer nie. Met Neels van Jaarsveld en Michelle Botha. Die teks en regie is deur Lizz Meiring.

Let asseblief daarop dat die program ʼn ouderdomsbeperking van 16 jaar het.

Die vertoning begin om 19:00. Kaartjies kos R130 vir volwassenes en R110 vir pensioenarisse en kinders.

Kaartjies is beskikbaar by [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae