Kraak-i-Mossel Dorpsfees

9-11 September 2011

Mosselbaai is ‘n baie mooi dorp en dit is waarom dit ook as een van die finaliste in die Kwela/Rapport Dorp van die Jaar 2010 Kompetisie was. Die Kraak-i-Mossel Fees is in 2010 begin met die doel om geld in te samel vir welsynsorganisasies in en rondom Mosselbaai. Tot dusver was dit baie suksesvol en gaan hierdie fees groei met elke jaar wat verby gaan.

Die Kraak-i-Mossel Fees wat vanaf 9 – 11 September 2011 by die Punt Karavaanpark in Mosselbaai gehou gaan word, beloof om ‘n naweek vol pret en lekkerte te wees vir oud en jonk. Plaaslike kunstenaars sal almal vermaak met Claude Pretorius as die seremoniemeester. Die aantrekkingskrag tot die Fees is die Vrydagaand met Emo Adams, Saterdagaand met Hennie Jacobs, Munro du Toit en die kroning van die Mej Mosselbaai 2011 en dan die Sondag Komedie met Lagnes op die Kassie (van Kyknet). Mej Mosselbaai 2011 word georganiseer deur Ace Models, Joani Johnson (Mev Suid Afrika 2009) en sal weer ‘n skoonheid laat ontpop. Die area se eerste Driekamp Wedloop sal mense van doer en ver lok om te kom meeding in hierdie pragtige area en hul stamina te wys!

Daar sal ook ‘n verskeidenheid stalletjies wees, vele kinder vermaak asook ponie ritte, ‘n biertent as jy net rustig wil kuier – daar is iets vir almal! So, kom kuier in Mosselbaai en geniet elke uitstappe en alle aktiwiteite wat die dorp jou kan bied. Mosselbaai, want dit is “mos” lekker!! Sien julle by die Punt!”

Besoek hulle webtuiste hier

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.