Die kykNET Fiësta-toekennings is jaarliks ’n glansryke toekenningsgeleentheid om Suid-Afrikaanse akteurs, aktrises, regisseurs, skrywers, musikante en visuele kunstenaars te vereer. Die benoemings vir dié gesogte toekennings is op 26 November op kykNET se aktuele vermaakprogram, Flits, bekendgemaak.
Dié geleentheid, waarvoor ’n blou tapyt uitgerol word, vind op 18 Februarie 2016 plaas en sal vir die tweede keer regstreeks op kykNET uitgesaai word. Kykers kan uitsien na Pierre Breytenbach en June van Merch as aanbieders en Deon Lotz, Rozanne McKenzie, Leandie du Randt, Erik Holm en Marlo Minnaar as gas-aanbieders.
Beste akteur:
Albert Pretorius ‒ Buite Blaf die Honde Swart (KKNK)
André Odendaal ‒ Skuldeiser (Woordfees)
Stian Bam ‒ In Glas (KKNK)
Wilhelm van der Walt – Son. Maan. Sterre. (Woordfees)
Beste aktrise:
Anna-Mart van der Merwe – Skuldeisers (Woordfees)
Milan Murray – Amper, Vrystaat (Vrystaat)
Sandra Prinsloo ‒ Die Dag is Bros (Innibos)
Tinarie van Wyk Loots ‒ Hemelruim en In Glas (Aardklop en KKNK)
Beste manlike byspeler:
Dean Smith – Die Dag is Bros (Innibos)
De Klerk Oelofse – Liewe Heksie: Flower Power (KKNK)
Louis van Niekerk – Son. Maan. Sterre. (Woordfees)
Loukmaan Adams – Liewe Heksie: Flower Power (KKNK)
Beste vroulike byspeler:
Greta Pietersen – Son. Maan. Sterre. (Woordfees)
Nicola Hanekom – Son. Maan. Sterre. (Woordfees)
Tinarie van Wyk Loots – Buite Blaf die Honde Swart (KKNK)
Wilna Snyman – Son. Maan. Sterre. (Woordfees)
Beste regie:
Christiaan Olwagen – Son. Maan. Sterre. (Woordfees)
Jaco Bouwer – Santa Gamka (KKNK)
Nico Scheepers – Amper, Vrystaat (Vrystaat)
Nicola Hanekom – In Glas (KKNK)
Beste teaterontwerp:
Birrie le Roux – Skuldeiser (Woordfees)
Christiaan Olwagen – Son. Maan. Sterre. (Woordfees)
Nico Scheepers – Amper, Vrystaat en Die Dag is Bros (Vrystaat en Innibos)
Nicola Hanekom – In Glas (KKNK)
Beste prestasie in ’n musiekgedrewe produksie:
Amanda Strydom – Amanda Strydom: Die Hele Boksemdaais (KKNK)
Laurika Rauch – Nie As Ek Sing Nie: Laurika Rauch (Aardklop)
Margit Meyer-Rödenbeck (konsep) ‒ Liewe Heksie: Flower Power (KKNK)
Schalk Joubert (musiekregie) – Al Lê die Berge Nog So Blou (KKNK)
Beste spel in ’n solo-vertoning:
Gys de Villiers – Elsie se Nommers (Innibos)
Marion Holm – Die Kaap is Weer Holms (KKNK)
Marlo Minnaar – Santa Gamka (KKNK)
Wessel Pretorius – Adam 2 (Woordfees)
Beste nuutgeskepte Afrikaanse produksie:
Eben Venter, Marlo Minnaar en Jaco Bouwer – Santa Gamka (KKNK)
Nico Scheepers – Amper, Vrystaat (Vrystaat)
Nicola Hanekom – In Glas (KKNK)
Wessel Pretorius – Die Dag is Bros (Innibos)
Beste prestasie in klassieke musiek:
Esthea Kruger – Rising Star (Woordfees)
Kaapse Jeugkoor onder leiding van Leon Starker – Na Waters Waar Rus Is (Woordfees)
US-koor onder leiding van André van der Merwe – US-koor (Woordfees)
Zanne Stapelberg en Odeion-strykkwartet – Odeion-strykkwartet met Zanne Stapelberg (SOF)
Beste prestasie in visuele kuns:
Alex Hamilton – Jou Daaglikse Dosis en Opskiet by die Museum (Aardklop en Woordfees)
Nathani Luneburg – As die Vlooie Byt in La La Land (KKNK)
Sanell Aggenbach – Atopia (Aardklop)
Sandra Hanekom – Die Burger 100 Jaar-uitstalling (SOF)
Beste musiekgedrewe produksie:
Al Lê die Berge Nog So Blou (KKNK)
In die Grond van die Wind (Aardklop)
Liewe Heksie: Flower Power (KKNK)
Nie As Ek Sing Nie: Laurika Rauch (Aardklop)
Beste aanbieding:
Amper, Vrystaat (Vrystaat)
Die Dag is Bros (Innibos)
In Glas (KKNK)
Son. Maan. Sterre. (Woordfees)
Die drie kunstenaars wat by die Fiëstas vir hul lewensbydrae vereer sal word, is Lida Botha (teater), Ronnie Samaai (musiek) en Pieter Fourie (woordkuns).
Kykers kan ook uitsien na die gewildste fees-, asook die Blou Stoel-toekenning wat by die toekenningsaand bekend gemaak word. Jy kan tot en met 6 Desember vir jou gewildste fees stem deur die webwerf te besoek.