Luister: Dít is wat ʼn Pierneef jou uit die sak gaan jaag


Foto: Adéle Changuion.

Foto: Adéle Changuion.

JH Pierneef is sekerlik een van Suid-Afrika se bekendste landskapskilders en sy kunswerk is nou te sien by die Standard Bank-galery in Johannesburg.  Space for Landscape: The work of JH Pierneef is die grootste uitstalling van Pierneef se werk in meer as 30 jaar.

Pierneef se werk is vandag nog gewild en volgens die Standard Bank-galery se webwerf dui die veilingsdata van 2010 tot 2013 aan dat Pierneef se werk in dié tyd nagenoeg R54 miljoen ingebring het. Die enigste Suid-Afrikaanse kunstenaar wie se werk meer geld in hierdie tydperk ingebring het, was Irma Stern.

Maroela Media het ʼn draai by die uitstalling gaan maak en met Wilhelm van Rensburg , navorsingsgenoot by die fakulteit van kuns, ontwerp en argitektuur by die Universiteit van Johannesburg, gesels oor hoekom Pierneef se werk vandag nog so gesog is. Hy vertel ook meer van een van die duurste skilderye van Pierneef en die kleinste bedrag wat jy sal moet opdok vir een van dié kunswerke.

Die uitstalling is tot 12 September 2015 by die Standard Bank-galery in Johannesburg te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eliza-beth ·

Sug… al wat ek kon bekostig van hom is ‘n boek oor sy lewe en werk!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.