Maroela Media se 10 gewildste vermaak-artikels vir 2018

Hierdie tien artikels is in 2018 die meeste gelees op Maroela Media se vermaak-afdeling.

  1. Kate Middleton in die sop oor haar uitrusting

Kate Middleton, die hertogin van Cambridge, het in Februarie die media en sosiale media aan die praat gehad met haar keuse van uitrusting vir die 71ste Bafta-prysaand – dié keer as gevolg van die kleur van haar rok. Lees meer.

Kate Middleton, die hertogin van Cambridge (Foto: Twitter)

  1. Foto’s: Intieme troue vir oud-Bokkaptein

Adriaan Strauss, voormalige kaptein van die Bulle en Springbokke, en sy Carmen het in Oktober tydens ʼn klein en intieme geleentheid ewige trou beloof aan mekaar. Lees meer.

Adriaan en Carmen Strauss. Foto: Hanri Human

  1. Video: Steve, Demi Lee bekoor met ‘Amanda’

Steve Hofmeyr en Demi Lee Moore, wenner van VIA se werklikheidsprogram Die kontrak, het in November die musiekvideo vir die country-lied, “Amanda”, op hul onderskeie Facebook-bladsye gedeel. Lees meer.

Een van die liedjies op die Country Collection, klink en lyk so. Amanda, gedoen deur myself en Die Kontrak-wenner, Demi-Lee Moore. Kom loer in by Afrikaans is Groot (as jy plek kan kry) of kom sien ons in Hartenbos.

Posted by Steve Hofmeyr on Monday, November 26, 2018

  1. Video: ‘Superster’-sanger se groot plan vir sy groot vraag

Die Afrikaanse sanger en televisieaanbieder Anthonie Bougas van Supersterre-faam en sy vriendin, Launette, het na die Phi Phi-eilande in Thailand gereis sodat hy haar die groot vraag kon vra. Hy het voor die vakansie haar ouers toestemming om hul dogter se hand gevra. Lees meer.

Anthonie en Launette op die Phi Phi-eilande (Foto: Verskaf)

  1. Foto’s: Toks en sy Carol haak af

Die oud-Springbokspeler en televisie-aanbieder Toks van der Linde en sy vriendin van die afgelope jaar, Carol Avenant, is in Maart getroud. Lees meer.

Toks en Carol van der Linde (Foto: Linda van Dyk-Fotografie)

  1. Hykie Berg en sy vrou se paaie skei

Die akteur en motiveringspreker Hykie Berg het in Oktober op sy Facebook-blad aangekondig dat hy en sy vrou, Melissa, se paaie geskei het. Lees meer.

  1. ‘Ballade’ se Meisie verloor stryd teen kanker

Shareen Swart, die bekende Suid-Afrikaanse aktrise, skrywer en regisseur, het op 29 Oktober ná ʼn lang siekbed haar stryd teen kanker verloor. Lees meer.

  1. Gewilde Afrikaanse aktrise verloof

Simoné Nortmann, een van die Afrikaanse vermaakbedryf se gunsteling-aktrises, is nou amptelik buite bereik. Lees meer.

Simoné Nortmann en Andries Pretorius is verloof. Foto: Instagram

  1. Minki nié meer aanbieder van ‘Boer soek ʼn vrou’

Nadat Minki van der Westhuizen twee seisoene as aanbieder van kykNET se gewilde werklikheidsreeks Boer soek ʼn vrou die harte van kykers verower het, het dié skoonheid die leisels van die program oorgee. Lees meer.

Minki van der Westhuizen (Foto: Verskaf)

1.Dís hoekom boer Johan en Marilyn se paadjies skei

Honderde aanhangers van die gewilde kykNET-werklikheidsreeks Boer soek ʼn vrou was vroeg in Januarie geskok toe boer Johan en Marilyn in die jongste episode van die tiende reeks aangekondig het dat hul paadjies geskei het. Lees meer.

Boer Johan (Foto: Donna Lewis)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.