Maroela Media se 10 gewildste vermaak-artikels vir 2020

Hierdie tien artikels is in 2020 die meeste gelees op Maroela Media se vermaak-portaal.

  1. ‘The Bachelor’-paartjie se paaie skei

Dit blyk dat die paartjie van die tweede seisoen van The Bachelor SA, Marc Buckner (36) en Marisia van Wyk (24), se paaie geskei het.

Marc en Marisia (Foto: Verskaf)

  1. Thys die Bosveldklong: ‘Ek het nie die luuksheid van opgee nie’

“Moet nou nie dink ek is ʼn wonderwerk nie – dit gaan oor om jou kop reg te kry, jou eie wilskrag om te oorleef en om te besef jou wêreld gaan nie stilstaan nie.”

  1. Watwou kitskos, Alvin is nou koning van dieetkos!

Oor die jare het hy al hoe meer gewig aangesit. Hoekom weet hy nie … dalk is dit stres, dalk die ouderdom, of dalk bloot sy soettand?

Alvin se resultate na drie weke (Foto: Facebook)

  1. Dozi kap terug oor fopnuus oor sy gesondheid

Die sanger en liedjieskrywer Dozi het bewerings dat hy kanker het en ernstig siek is in die kiem gesmoor.

Dozi. (Foto: Evert Grobler)

  1. Bekende blondekop haak aanlyn af ná troue gekanselleer is

Katinka Oosthuizen, oftewel Katinka die Kat soos sy onder haar aanhangers bekend staan, deel bykans elke dag waarmee sy doenig is met die sowat 150 000 mense wat haar op sosiale media volg.

Katinka en Braam. (Foto: The Geldenhuyses)

  1. Gewilde ‘Boer soek ʼn vrou’-paartjie verloof

“Ek voel soos ʼn kat wat room gekry het! Ek glimlag van oor tot oor, my wange is eintlik al seer!”

Boer Willem en Sanel. (Foto: Instagram)

  1. Musiekvideo: Afrikaanse kunstenaars span saam vir ‘Ons sal self’

“Kunstenaars het die geneigdheid om in die hart van ʼn gemeenskap te kyk en dit dan te verwoord.”

Demi Lee Moore en Steve Hofmeyr. (Foto: Skermgreep uit video)

  1. Elvis Presley se kleinseun (27) dood

Benjamin Keough, seun van Lisa Marie Presley en kleinseun van die musiek-ikoon Elvis Presley, is in Calabasas, Kalifornië, dood.

Lisa Marie Presley en haar seun, Benjamin Keough. (Foto: Instagram)

  1. Video: ‘Dansende boertjie’ het SA gaande

Juandré Nortje (22) van Pretoria is onlangs gedoop as Suid-Afrika se dansende boertjie nadat ʼn video waarin hy, geklee in ʼn tweekleurige kraaghemp en kakiebroek, Afrika-danse doen op TikTok versprei is.

(Skermgreep uit die video)

  1. Liefde taan vir ‘Boer soek ʼn vrou’-paartjie

Graham Lombard en Ilne Prinsloo, een van Boer soek ʼn vrou se gunstelingpaartjies, se verhouding het skipbreuk gely.

Boer Graham en Ilne. (Foto: Skermgreep/Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.