Maroela Media se 10 gewildste vermaakstories vir 2017

Die vermaakbedryf sorg dwarsdeur die jaar vir opspraakwekkende voorvalle, trotse oomblikke en gebeure wat ons laat lag, huil en soms die josie in maak. Vanjaar was geen uitsondering nie: van deelnemers aan die gewilde Boer soek ʼn vrou-televisiereeks wat kykers die harnas ingejaag het tot ʼn gewilde Afrikaanse akteurspaartjie wat ná vele bespiegelings hul verlowing bevestig het.

Hiér is die tien vermaakstories wat in 2017 die gewildste was op Maroela Media:

  1. Nádine en Derick praat oor dáái gerugte

Die Afrikaanse sangeres Nádine en rugbyspeler Derick Hougaard het in Junie vanjaar op JacarandaFM die sluier gelig oor gerugte dat hulle ʼn paartjie is. Lees meer.

Nádine en Derick Hougaard (Foto: Facebook/Samestelling)

  1. Groot nuus vir akteurspaar Ivan en Donnalee

Die gewilde Afrikaanse akteurs Ivan Botha en Donnalee Roberts het bevestig hulle is verloof. Lees meer.

Ivan Botha en Donnalee Roberts (Foto: Instagram)

  1. Karlien deel nóg groot nuus

Die Afrikaanse sangeres Karlien van Jaarsveld het in Mei die nuus gedeel dat haar album, Sing vir liefde, skaars ʼn maand ná uitreiking, die merk van 15 000 verkope verbygesteek en haar amptelik goue status besorg het. Lees meer.

Karlien van Jaarsveld 2
  1. Afrikaanse aktrise woedend oor naakfoto in koerant

Die Afrikaanse aktrise Tinarie van Wyk Loots was woedend nadat ’n naakfoto van haar sonder haar toestemming in Krit, die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) se feeskoerant, gepubliseer is. Lees meer.

Tinarie van Wyk Loots. Foto: Verskaf

  1. Video: Steve Hofmeyr deel nóg goeie nuus

In Oktober vanjaar het die Afrikaans is Groot-bestuur die sanger Steve Hofmeyr met ʼn toekenning vereer nadat sy jongste album goue status behaal het nog voordat dit in winkels beskikbaar was. Lees meer.

steve-hofmeyr-feeslied-skermskoot

Steve Hofmeyr

  1. Afrikaans is groot: Hier is Minki se ‘breek-my-hart-brief’

Die Afrikaans is Groot-bestuur het vroeg Desember gesê hy het op groot aandrang besluit om die brief wat Minki van der Westhuizen tydens dié konsertreeks voorgelees het, algemeen bekend te maak. Lees meer.

Armand Aucamp en Minki van der Westhuizen, die seremoniemeesters by vanjaar se konsert (Foto: Facebook)

  1. Storm om Mej. SA se kop ná sy foto deel

Demi-Leigh Nel-Peters, die destydse mej. Suid-Afrika en tans mej. Heelal, is deur honderde sosialemediagebruikers van rassisme beskuldig nadat ʼn foto wat sy tydens ʼn liefdadigheidsgeleentheid op Instagram gedeel het, ʼn storm ontketen het. Lees meer.

Die foto wat die storm op sosiale media ontketen het (Foto: Instagram)

  1. Boer Hennie en Jacobu ‘onverwags, onbeplan maar amptelik’

Net toe kykers van die gewilde kykNET-werklikheidsreeks Boer soek ʼn vrou hul monde behóórlik oor die negende reeks se manne wat “g’n vrou gesoek het nie” uitgespoel het, het boer Hennie en Jacobu in Januarie vanjaar talle aanhangers van dié reeks aangenaam verras met die nuus dat hulle in ʼn verhouding is. Lees meer.

Hennie Lötter en Jacobu (Foto: Instagram)

  1. Geliefde ‘7de Laan’-akteur gepos

Aanhangers van die SABC2-sepie 7de Laan was geskok om die nuus te hoor dat die Afrikaanse akteur Pierre van Pletzen nié meer as Septimus “Oubaas” van Zyl in die Laan te sien sal wees nie. Lees meer.

pierre-van-pletzen

Pierre van Pletzen. Foto: Tvsa.co.za

  1. Boer Johan maak ommeswaai ná drama

In nóg Boer soek ʼn vrou-nuus het boer Johan (60) van die tiende reeks aangekondig hy gaan nie voort met regstappe teen kykNET nie. Lees meer.

Boer Johan (Foto: Donna Lewis)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Een kommentaar

susan ·

Die 7 de Laan se Pierre van Pletzen storie spruit direk uit “Charmaine” wat nie van wit mense hou nie
Die ander stories so flou hartseer dat dit die hoogtepunte was.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.