Maties wen weer by nasionale Universiteite Sêr

Hippokrates-dameskoshuis van die Universiteit van Stellenbosch (Maties) is as algehele wenners by vanjaar se Universiteite Sêr aangewys. Foto: ATKV Facebook-blad

Hippokrates-dameskoshuis van die Universiteit van Stellenbosch (Maties) is as algehele wenners by vanjaar se Universiteite Sêr aangewys. Foto: ATKV Facebook-blad

Koshuise van regoor die land het Saterdag meegeding in die ATKV Universiteite Sêr. Tien mans- en dameskoshuise van verskeie universiteite het deurgedring na die nasionale vlak vir dié a cappella sangkompetisie wat vanjaar in die NWU-Puk se ouditorium gehou is.

Hierdie geleentheid is vir meeste universiteite een van die grootste kultuurgeleenthede van die jaar.  Volgens Juanita de Groot, hooforganiseerder en lid van die studenteraad van die NWU-Puk, is die rede hiervoor die gevoel wat gekweek word. “ Ek dink veral op die Puk-kampus maak ons ʼn punt daarvan dat mense weet ons het ʼn ‘studentiteit’ en nie net ʼn student en ʼn identiteit nie.

Hippokrates-dameskoshuis van die Universiteit van Stellenbosch (Maties) wat verlede as algehele wenners aangewys is, het vanjaar weer die eerste plek ingeneem onder die dameskoshuise terwyl Sonop-manskoshuis van die Universiteit van Pretoria (Tuks) aangewys is as algehele wenners vir die manskoshuise.

Die tema vir vanjaar se Universiteite Sêr was Servolusie. Volgens De Groot wou hulle met dié tema ʼn plek vir studente skep waar hulle voel hulle is deel van iets groter as hulself. “Ons het besluit om ʼn revolusie te gebruik: iets waarvoor mense opstaan, iets wat goed is en iets wat ʼn goeie gevoel in mense kweek,” vertel De Groot.

Vanjaar is daar ook besluit om ʼn hutssleutel (#servolusie) te skep vir sosiale media. #Servolusie was reeds vanjaar op die gewildheidsleer van Twitter en het dit Saterdagaand weer onder die top onderwerpe op Twitter geval.

Hierdie jaar was die kompetisie ook regstreeks op MK en PUKfm se webtuistes uitgesaai wat dit vir mense regoor die wêreld moontlik gemaak het om na Sêr te luister.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.