[Meeste gelees] Top 10 vermaakstories vir 2015

francois-van-coke-karen-zoid

‘n Skermskoot uit die musiekvideo vir ‘Toe vind ek jou’.

Vanjaar was daar groot uitsette met groot suksesse in die vermaaklikheidsbedryf gelewer. Ons vat die hoogtepunte van Maroela Media se vermaaklikheidstories saam in die top10 vir 2015. Lees alles oor die gewilde flieks Treurgrond, Ballade vir ʼn Enkeling en Dis ek, Anna en ook die hulde aan Fredi Nest en die groot sukses met Karen Zoid en Francois van Coke se enkelsnit “Toe vind ek jou”.

  1. Video: Francois Van Coke en Karen Zoid se nuwe duet roer die hartsnare

Die video van Francois van Coke se enkelsnit “Toe vind ek jou”, ʼn duet saam met Karen Zoid, versprei soos ʼn veldbrand op sosiale media sedert dit Woensdag bekendgestel is en dit word reeds beskryf as “die mooiste ballade van die jaar”.

  1. Eerste op Maroela: ‘Treurgrond’ se vollengte lokprent

Die nuwe Afrikaanse rolprent Treurgrond word in Mei uitgereik en die splinternuwe lokprent vir die fliek is vandag bekendgestel.

  1. Video: Eerste voorsmakie van die fliek ‘Dis ek, Anna

Die bekende roman Dis ek, Anna is nou verwerk vir die silwerdoek en die eerste lokprent is bekendgestel.

  1. Hulde aan Fredi Nest

Fredi was sonder twyfel een van ons land se voorste kunstenaars en sy afsterwe is ’n enorme verlies vir die plaaslike musiekbedryf.

 

  1. Kunstenaars se regte name

Daantjie Dinamiet het gaan ondersoek instel om die kunstenaars se regte name op te spoor.

  1. [Luister] Kykers sien rooi oor ‘laster’ in ‘Getroud met rugby’

Kykers van die gewilde kykNET-televisiereeks Getroud met rugby het hul ongelukkigheid uitgespreek oor ʼn onlangse episode van dié reeks. Maroela Media het met Deon Opperman, een van die skrywers van die reeks, daaroor gesels. /

 

  1. Adam Tas maak weer geskiedenis

Omtrent tien jaar nadat Adam Tas die Guinness-wêreldrekordboek gehaal het as die kunstenaar wat by die meeste plekke op een dag opgetree het, het hy weer geskiedenis gemaak.

 

  1. Resensie: ‘Ballade vir ʼn Enkeling’

ʼn Nuwe standaard vir plaaslike rolprente – Leon van Nierop se Ballade vir ʼn Enkeling begin vandag in fliekteaters draai. Lees hier hoekom jy dit nie mag misloop nie. https://maroelamedia.co.za/blog/vermaak/flieks/resensie-ballade-vir-n-enkeling-n-nuwe-standaard-vir-plaaslike-rolprente/

 

  1. [Video] 17-jarige seun sing nes Elvis

Dié jong seun het in 2013 bekendheid verwerf toe ʼn plaaslike radiostasie ʼn video van sy optrede op YouTube gelaai het.

 

  1. Paul C. Venter se ‘Vlug na Egipte’ op die kassie te sien

Paul C. Venter, bekend vir immergewilde televisiereekse soos Konings, Torings en Arende, se splinternuwe dramareeks, Vlug na Egipte, begin vanaand op kykNET.

Kyk wat is alles meeste gelees op Maroela Media.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.