Mej. SA 2019: Só lyk vanjaar se semi-finaliste

Die top-35 semi-finaliste wat vanjaar om die mej. SA-kroon gaan meeding. (Foto: Yolanda van der Stoep)

Die top-35 semi-finaliste wat vanjaar om die mej. SA-kroon gaan meeding. (Foto: Yolanda van der Stoep)

Die top-35 semi-finaliste wat vanjaar om die gesogte Mej. SA-titel sal meeding, is Woensdag aangekondig.

Een van dié deelnemers sal op Vrouedag, 9 Augustus, as Mej. SA gekroon word by die Sun Arena in Menlyn, Pretoria.

Dié groep diverse vroue bestaan onder meer uit regsgeleerdes, natuurbewaarders, ʼn private bankier, die eienaars van onderskeidelik ʼn fotografiemaatskappy en ʼn pizza-wegneemete‑restaurant, asook ʼn parlementêre beampte.

Die semi-finaliste is van oral in Suid-Afrika afkomstig. Gauteng word deur 19 deelnemers verteenwoordig, van wie nege inwoners van die Jakarandastad is. Die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal spog elkeen met vyf deelnemers, die Oos-Kaap en die Vrystaat met twee deelnemers elk en Limpopo en die Noord-Kaap word elkeen deur een semi-finalis verteenwoordig.

Die gesogte mej. SA-kroon.

Die gesogte mej. SA-kroon.

Luidens ʼn mediaverklaring sal die deelnemers vir die volgende twee weke ʼn paneel van bekende beoordelaars moet beïndruk voordat hulle na die volgende ronde van die kompetisie kan deurdring. Dié paneel bestaan uit die aktrise en sakevrou, Leandie du Randt, radio-omroeper en voormalige Mej. SA, Liesl Laurie, die voormalige loopplankmodel en rolverdelingsregisseur Andiswa Manxisa, voormalige mej. SA, Bokang Montjane-Tshabalala, en die redakteur van die Women’s Health-tydskrif, Danielle Weakley.

Die top-35 in alfabetiese volgorde is:

– Anarzade Omar (20) van Crown Gardens in Johannesburg is ʼn derdejaarstudent in BA Strategiese Kommunikasie aan die Universiteit van Johannesburg.

– Anita Jansen (22) van Midrand studeer tans bemarking deur Unisa en is ʼn joga‑instrukteur en model.

– Anzelle von Staden (26) van Centurion in Pretoria het ʼn BCom-graad aan die Universiteit van Pretoria verwerf en werk tans by ʼn nie-winsgewende organisasie.

– Beulah Baduza (23) van Hatfield in Pretoria is ʼn BA‑regsstudent en is tans besig met haar LLB-graad.

– Catherine Groenewald (21) van Constantia in die Wes-Kaap is ʼn eerstejaar BA visuele kommunikasiestudent en model.

– Celest Steyn (24) van Mooikloof in Pretoria het ʼn graad in visuele kommunikasie en is ʼn model en eienaar van ʼn fotografiemaatskappy.

– Chuma Matsaluka (21) van Nyanga in die Wes-Kaap is ʼn derdejaarstudent in politieke studies.

– Danielle Wallace (26) van Umhlanga in Durban het vroeër vanjaar Kaap toe getrek, het ʼn graad in sosiale wetenskappe en is ʼn voltydse model.

– Eloïse van der Westhuizen (24) van Panorama in die Kaap het ʼn BCom- en ʼn honneursgraad in logistiek aan die Universiteit Stellenbosch verwerf en is tans werksaam as ʼn handelswarebeplanner.

– Errin Brits (22) van Randpark Ridge is tans in haar eerste jaar as LLB-student.

– Fanelesibonge Mbuyazi (22) van KwaMsane naby Mtubatuba in KwaZulu‑Natal studeer tans vir ʼn graad in rekenaarwetenskappe en statistiek aan die Universiteit van Kaapstad.

– Gabrielle Lochoff (21) van Mooikloof in Pretoria is ʼn eerstejaar opvoedkundestudent aan Unisa.

– Hesrie van Heerden (23) van Bellville in die Kaap het ʼn BSc-graad in voedselwetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch verwerf en werk tans as voedselwetenskaplike.

– Kay Leigh Sussman (22) van Melrose in Johannesburg werk vir ʼn mediesevoorraadmaatskappy.

– Keabetswe Kanyane (25) van Montana in Pretoria werk tans as ʼn analis en projekkoördineerder en het ʼn BCom-graad aan die Universiteit van Johannesburg verwerf.

– Kgothatso Dithebe (24) van Centurion in Gauteng is ʼn tweedejaar regsstudent aan Unisa.

– Kim Snoyman (26) van Bryanston in Sandton is ʼn finale jaar BCom-student in ekonomie aan Varsity College.

– Lara Steenkamp (20) van Louisvale naby Upington in die Noord-Kaap is ʼn derdejaar BCom-regsstudent aan die Noordwes-Universiteit.

– Lisa Stoffela (26) van Margate in KwaZulu‑Natal woon tans in Johannesburg. Sy is die eienaar van ʼn klein pizza-wegneemete‑restaurant en is ʼn deeltydse model.

– Loren Leigh Jenneker (24) van Centurion in Gauteng studeer tans vir ʼn BCom-graad in finansies aan die Universiteit van Johannesburg.

– Martinique Ferreira (23) van Bloemfontein in die Vrystaat woon tans op Stellenbosch. Sy is ʼn digitaleplatform‑intern.

– Mbali Dlamini (22) van Newcastle in KwaZulu‑Natal woon tans in Fourways. Sy studeer vir ʼn honneursgraad in strategiese handelsmerkkommunikasie aan Vega.

– Nkosazana Sibobosi (23) van Khayelitsha in die Kaap is ʼn rolprent- en mediastudent aan die Universiteit van Kaapstad en ʼn model.

– Noluthando Bennett (24) van Kagiso in Krugersdorp is ʼn klankingenieur met ʼn graad in multimedia en webontwerp.

– Nompumelelo Maduna (24) van Rockville in Soweto het ʼn BTech-bemarkingsgraad aan die Universiteit van Johannesburg verwerf en werk tans as ʼn private bankier.

– Roelien Claasen (23) van Florauna in Pretoria studeer tans vir ʼn BCom‑ondernemingsbestuurgraad aan Unisa terwyl sy as naskoolonderwyseres werk.

– Sasha-Lee Olivier (26) van Alberton studeer tans bemarking en sielkunde aan Wits en werk ook as model.

– Shaskia John (21) van Laudium in Pretoria het ʼn graad in natuurbewaring aan die Tshwane Universiteit vir Tegnologie verwerf.

– Sibabalwe Gcilitshana (24) van Nqamakwe in die Oos-Kaap woon tans in Bellville in die Kaap en werk as parlementêre beampte en navorser.

– Sisa Mdoda (25) van Sasolburg in die Vrystaat het ʼn graad in toerisme en ekotoerisme aan die Vaal‑Universiteit vir Tegnologie verwerf.

– Tené Minderon (21) van Brakpan is ʼn voltydse model.

– Tumelo Ntsewa (22) van Polokwane in Limpopo is ʼn tweedejaar regsstudent aan Wits.

– Xia Narain (23) van Chatsworth in Durban het ʼn BCom-graad in algemene en industriële sielkunde aan die Universiteit van KwaZulu-Natal verwerf en sal binnekort haar studies vir ʼn honneursgraad in kliniese sielkunde hervat.

– Zanele Phakathi (20) van Soweto is ʼn eerstejaar ondernemingsinligtingstegnologiestudent aan die Universiteit van Johannesburg en ʼn model vir Boss Models.

– Zozibini Tunzi (25) van Tsolo in die Oos-Kaap is ʼn skakelwesestudent aan die Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie.

Die top-16 sal op 11 Julie aangekondig word. Die prysgeld en borgskappe vir die kompetisie beloop sowat R3 miljoen. Die wenner sal wegstap met ʼn kontantprys van R1 miljoen, ʼn motor en ander pryse. Die eerste prinses sal ʼn kontantprys van R250 000 ontvang en die res van die top-16‑finaliste sal elkeen R25 000 ontvang.

Die wenner sal op 9 Augustus regstreeks op M-Net en Mzansi Magic aangewys word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Cora Simpson ·

WOW!! Dis darem ‘n klompie pragtige mense en so slim ook. Ek se SA bo!!

Colleen ·

Tené kan maar wen. Sy is net so pragtig soos Melinda Bam!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.