Mej. SA skud vere reg vir Heelal-kroon

Tamaryn Green in haar bloukraanvoëlkostuum (Foto: Verskaf)

Mej. Suid-Afrika, Tamaryn Green, het van haar uitrustings wat sy by die Mej. Heelal-kompetisie gaan dra, ten toon gestel.

Green neem op 17 Desember deel aan die Mej. Heelal-kompetisie in Bangkok, Thailand. Die Mej. Suid-Afrika-organisasie het gesê hulle hoop vir ’n agtereenvolgende oorwinning by dié skoonheidskompetisie nadat Demi-Leigh Nel-Peters in 2017 die kroon gewen het.

Slegs Venezuela kon dit nog ooit regkry om twee agtereenvolgende jare dié kompetisie te wen, toe die land in 2008 én 2009 gewen het.

Die nasionale kostuum in die Mej. Heelal-kompetisie is altyd ’n hoogtepunt en vanjaar se uitrusting is deur Malikah Hajee en Lloyd Kandlin van The Costume Department ontwerp.

Hajee het gesê The Costume Department het sy inspirasie vir die nasionale kostuum van Suid-Afrika se nasionale voël, die bloukraanvoël, gekry.

“Meer as 1 000 blougrys en swart vere is per hand op die kostuum vasgewerk om die onderkant van die voël se vlerk te verteenwoordig. Die kopstuk, wat kristalle bevat, verteenwoordig die snawel. Die veremateriaal is plaaslik gemaak en eie in sy soort,” het Hajee gesê.

Tamaryn Green in een van haar aandrokke (Foto: Instagram)

“Die gestruktureerde baadjie verteenwoordig dat die vere bymekaargehou word deur verskeie Afrika-kulture soos Xhosa, Zoeloe en Ndebele. Stamhoofde word vereer met bloukraanvoëlvere vir hul brawe optrede en bekwaamheid wanneer hulle jag,” het Hajee gesê.

Green se kostuum het gemengde kommentaar op sosiale media ontvang. “Ek is mal oor die kostuum, dis pragtig, oorspronklik, en laat jou uitstaan bo die res. Hou aan skyn!” het een kommentator gesê.

Maar ander was nie so positief nie. “Hoekom word haar pragtige gesig weggesteek? Ek hoop jou aandrok is beter, want hierdie kostuum is ’n grap,” het ’n ander geskryf.

Tamaryn Green in haar bloukraanvoëlkostuum (Foto: Verskaf)

Green het by dieselfde geleentheid ook een van haar aandrokke vir die Mej. Heelal-kompetisie vertoon. Galuzzi e Gini het dié rok ontwerp.

“Inspirasie vir dié rok het gekom van giere in materiale en silhoeëtte wat tans gesien kan word by onder andere Bella Hadid en Kendall Jenner. Die rok is speels en sexy, dit het baie deursigtige elemente en uitsnysels. Ons wou die rok modern en aanpasbaar maak sodat dit op die glanstapyt, maar ook op die Mej. Heelal-verhoog gedra kan word,” het die ontwerpers gesê.

Green se kompetisie-afrigter, Werner Wessels, het gesê hy is vasberade dat sy goed sal vaar in die kompetisie.

“Tamaryn is intelligent, snaaks, passievol en gee altyd álles in enige situasie. Dit is ’n plesier om saam met haar te werk en sy gaan goed vaar op die Mej. Heelal-verhoog,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Paul ·

NEE, hoor! Gaan sy regtig daarin optree? Ek sien elders in die media, hulle het agv al die negatiewe kommentare die fotos van hul Instagram afgehaal.

Johanna van Wyk ·

Ek is jammer, maar dis skreeulelik. En waar is die onderkant? As sy moes vlieg sou sy n voël gewees het…

Ek dink ·

Liewe aarde, wat het die ontwerper teen haar?! Sy lyk absoluut belaglik. Maar sy is so vol van haarself, sy dink seker sy lyk wonderlik.

Osie ·

Wat ‘n klomp ou suurknolle wat dink hul weet beter……..al die negatiewe kommentaar ipv om die mooi Tamaryn voorspoed toe te wens….
Anyway, YOU GO GIRL! Knock them out

Elize C ·

Arme vrou! Sy is pragtig, maar ek kan nie glo dat sy nie soos ‘n gek gaan voel in daardie gewaad nie. As daar nie vir die toeskouers GESê gaan word dat dit veronderstel is om ‘n bloukraanvoël voor te stel nie, gaan dit maar net lyk of sy ‘n vere-dos aanhet…en NIE ‘n vleiende een nie…. Is daar regtig niemand in haar kring wat vir die ontwerper wil sê – of die guts het – dat dit regtig nie ‘n mooi uitrusting is nie? Wat my aanbetref, gooi die ontwerper ook sy eie naam weg met so belaglike “skepping”.

Paul ·

Jammer, mens wil so graag positief wees, maar as jy die uitrusting van die kant af sien, sal jy éérs regop sit.

Katerina ·

Belaglik. As ek sy was sou ek botweg weier om my naam so met n plank te slaan. It looks Ridiculous..

T ·

Die voël-uitrusting is belaglik en die aandrok, heeltemal te kaal.

Nie my smaak nie.

Andrea ·

Dis die lelikste aandrok wat ek nog ooit gesien het! Ek sou dit nie vir my grootste vyand laat aantrek nie! Kon hul regtig nie n mooier ontwerp vir haar gekies het nie? Wanneer gaan mense leer daardie tipe bostuk druk borste plat, en is gladnie vleiend nie.

Essa ·

Nee tog, wat gaan aan met die organiseerders??? Hoe kan hulle van die pragtige Tamaryn Green verwag om in so ‘n belaglike kostuum op te tree – dis nie ‘n flippen konsert nie. En haar gesig bedek met ‘n masker??? Dis ‘n skoonheidskompetisie; nie ‘n karnaval nie. Beste wense Tamaryn – jy is pragtig.

Ai tog ·

Pragtige vrou met baie potensiaal. Vere gaan nie hier die voel maak nie. Aandrok is te kaal, hulle verkies altyd n wenner wat meer kuis aangetrek is. Red wat te redde is terwyl daar nog tyd is…

Jozi ·

Kan iemand asseblief tog net van daai vere bedryf ontslae raak?
Dit is afskuwelik verby!
Tyd vir ‘n Plan B.

Antoinette ·

BESPOTLIK om die minste te se. Al is n mens hoe mooi kan jy nie in soiets wen nie! Pateties!

Abe ·

Pragtige vrou. 7Sy sal in enige uitrusting mooi lyk. Hoop jy wen Tamaryn ons gaan baie trots wees op jou.

Andre ·

My grootste vrees is dat die spulletjie vere aan die brand kan slaan!

Stel jou voor … iemand wil ‘n vinnige dampie maak agter die gordyn … en die veredos vat vlam!!!

ha…ha…

Smirre ·

Dalk Mej. Vleilandskap of Mej. Savanna maar Mej. Heelal…..?? Nie in daai pretpakkie nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.