Die lys van 12 finaliste wat gekies is om vanjaar mee te ding om die Mej. SA-kroon is Donderdag bekendgemaak.
Die kroning vind op 27 Mei by die Times Square Sun Arena in Pretoria plaas.
Hier is die 12 deelnemers:
Tamarin Bensch (25) is ʼn eiendomsbestuurder en binnenshuise opknapper.
Tharina Botes (21) van Roodepoort is ʼn eerstejaar- B.Com-student in bemarking en sake by Damelin. Sy is ook ʼn deeltydse model.
Margo Fargo (25), oorspronklik van Heidedal in die Vrystaat, het ʼn BSc-honneursgraad in verbruikerstudies en is die medestigter van ʼn niewinsgewende organisasie.
Bryoni Govender (21) van Kempton Park is ʼn derdejaar- LLB-student aan die Universiteit van Johannesburg.
Tamaryn Green (23) is ʼn sesdejaar- mediese student.
Daniellé de Jager (20), oorspronklik van Benoni, is ʼn tweedejaarstudent in biokinetika aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit.
Thulisa Keyi (26), oorspronklik van Oos-Londen, woon nou in Fourways en doen tans haar klerkskap by KPMG nadat sy aan die Universiteit van Kaapstad gegradueer het.
Akile Khoza (23) is besig met haar meestersgraad in neurowetenskappe.
Thandokazi Mfundisi (23) van Oos-Londen is ʼn finalejaar- LLB-student aan die Fort Hare- Universiteit.
Noxolo Ndebele (24) is van Pinetown en het ʼn B.Com-graad in rekeningkunde.
Karishma Ramdev (23) is van Westville en is ʼn mediese student.
Anzelle von Staden (24) van Centurion het ʼn B.Com-graad aan die Universiteit van Pretoria verwerf en is tans ʼn heeltydse model.
Tamirin ONCE!! what a beauty!
Nommer 11, Karishma Ramdev is beeldskoon. Kyk net die pragtige boog van die wenkbroue, die gloeiende vel. Ai, sommige mense is darem geseënd. Ek weet sommige mense gaan nou sê dit gaan oor die innerlike, maar wraggies, mooi bly maar mooi!!
Tamarin Bensch (1) What a girl! Beautiful!
Jy het goeie smaak! Amper presies dieselfde woorde as ek.
en die wenner is,,,,,,,, ANZELLE
Bedrieg my oe my, maar is 5 en 11 nie dieselfde vrou nie?
Kyk,almal van hulle is waarlik pragtig op die foto’s.
Wonder net hoe lyk hul régtig(sonder hul oorlogsverf) ,veral soggens as hul wakker word?
Ek is seker net jaloers.
Toemaar Mich, as jy gaan kyk op ander fotos kan mens nie hulle uitken nie, instagrams lyk darm maar helemal anders as die opgemaakte fotos.
NR 11
No 5 is beeldskoon!!
No 11 pragtig!
No 9 ook!!
Die girls lyk darm maar helemal anders op hul instagrams/facebook. Wonders wat make up kan doen. Hul is nogsteeds pragtig, maar helemal anders
Tamarin staan uit -baie mooi.
Tamaryn pragtig!
Wenner word op ‘n rotasiebasis aangewys. Hierdie jaar moet sy nie-blank wees. Kyk maar.
Lyk na ‘n klomp nerds wat net wil studeer. Gee vir my ‘n plain Jane.
12 pragtig