2018 se hoogste betaalde vrouekunstenaars

Katy Perry (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP)

Beyoncé moes onlangs opsy staan nadat Katy Perry die nr. 1-posisie op Forbes se lys van die wêreld se hoogste betaalde vroue in musiek vir 2018 oorgeneem het.

Forbes het aangekondig dat Perry, nadat sy in 2017 negende op dié lys was, nóú die eerste plek inneem met die $83 miljoen voor belasting wat dié popster in 2018 gemaak het.

“Perry is een van die hardwerkendste name op die lys. Sy het vir 80 datums opgetree in haar Witness: The Tour  wat van Junie 2017 tot Junie 2018 geduur het, en ʼn bruto inkomste van meer as $1 miljoen per dag gemaak het,” het Forbes geskryf.

“Sy het ook dit reggekry om tyd te maak om ʼn beoordelaar op American Idols te wees, wat na berigte meer as $20 miljoen in haar sak verseker het.”

Beyoncé. (Foto: Evan Agostini/Invision/AP, File)

Tweede op die lys is Taylor Swift met $80 miljoen. Sy het ʼn nuwe album, Reputation, bekendgestel en het twee miljoen kopieë daarvan verkoop in die eerste week van vrystelling. Forbes het gesê die enigste rede hoekom Swift nie die topposisie ingeneem het nie, is omdat haar Reputation Stadium Tour se datums net buite die tydperk van beoordeling plaasgevind het.

Verlede jaar se toppresteerder op dié lys, Beyoncé, het vanjaar die derde plek ingeneem, met $60 miljoen.

“Beyoncé het ʼn redelike stil jaar gehad volgens haar eie standaarde,” het Forbes geskryf. “Sy het tog ʼn baanbreker-vertoning by Coachella bymekaar gesit en sy en manlief Jay-Z het ʼn gesamentlike album bekendgestel.”

Die res van die top-5 is opgemaak deur bekendes soos Pink ($52 miljoen) en Lady Gaga ($50 miljoen).

Die volledige top-10 lyk só:

  1. Katy Perry ($83 miljoen)
  2. Taylor Swift ($80 miljoen)
  3. Beyoncé ($60 miljoen )
  4. Pink ($52 miljoen)
  5. Lady Gaga ($50 miljoen)
  6. Jennifer Lopez ($47 miljoen)
  7. Rihanna ($37,5 miljoen)
  8. Helene Firscher ($32 miljoen)
  9. Celine Dion ($31 miljoen)
  10. Britney Spears ($30 miljoen)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.