24/7/365

Heinz Winckler

Suid-Afrika se eerste Idols-wenner Heinz Winckler bied na nege jaar in die musiekbedryf sy vyfde album 24/7/365. Die album met sewentien snitte sluit in die ballades 1001 Soene, Ek soek jou en Wat jy nooit sal vergeet nie. 24/7/365 sluit ook in die trefferduet You & I met die nuweling Charlize Berg. My seun, my seën is Heinz se eie skepping wat hy opdra aan sy seuntjie Lian. “Ek dra met liefde hierdie album op aan my seun, Lian, wat in hierdie tyd een geword het. Jy is pappa se wilgerboom by die waterstroom wat nooit dors sal wees nie, want jy drink van die Lewende Water wat net Jesus kan gee. Ek en mamma is baie lief vir jou en ons spreek lewe, gesondheid en ‘n vol lewe oor jou uit in die naam van Jesus.” Die album sluit ook die danstreffers Klein bietjie en Sewe dae en nagte in. (Select Musiek)

Speellys

  1. 1001 Soene
  2. Groter As Ons
  3. Ek Soek Jou
  4. You & I (Met Charlize Berg)
  5. Net Soos In My Droom
  6. Weight Of The World
  7. 100%
  8. Jy’s Net Myne
  9. Blindfolded
  10. Sewe Dae En Nagte
  11. My Seun, My Seën (‘n Lied vir Lian)
  12. Klein Bietjie
  13. 24/7/365
  14. Wat Jy Nooit Sal Vergeet Nie
  15. Alles Net Vir Jou
  16. Dis Waar Ons Begin
  17. Hier Kom Dit Nou

Kyk nog Afrikaanse musiekvideos op ons videoblad

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.