4 Werke laat vonke spat op Afrikaanse Top-20

Liezel Pieters, Ray Dylan, Elizma Theron en Nicholis Louw maak deel uit van 4 Werke.

Liezel Pieters, Ray Dylan, Elizma Theron en Nicholis Louw maak deel uit van 4 Werke.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar vier snitte wat styg, nege wat daal, vyf wat onveranderd bly en twee nuwe snitte wat dié week hul toetrede tot die Top-20 maak.

4 Werke het onlangs sy splinternuwe musiekvideo en enkelsnit, “Bietjie meer van jou” bekendgestel. Die musiekvideo het binne ʼn week reeds meer as 14 500 trefslae op YouTube gekry. Dié Afrikaanse supergroep bestaan uit Elizma Theron, Nicholis Louw, Liezel Pieters en Ray Dylan.

Jo Black neem weer die week se nommer 1-posisie in met “Voel jy die genade”.

  1. Jo Black – “Voel jy die genade”
  2. Demi Lee Moore – “Mis eet slaap herhaal”
  3. Arno Jordaan – “Derde Wêreldoorlog”
  4. Spoegwolf – “Blou”
  5. Ivan Roux – “Daai ding”
  6. Refentse – “Liefdegenerasie”
  7. Karlien van Jaarsveld – “Rooilipsoene”
  8. Refentse – “Baie gevaarlik”
  9. Straatligkinders – “Krake”
  10. Jay & Lianie May – “Siekverlief”
  11. Early B met Jack Parow & Justin Vega – “Potte”
  12. Manie Jackson – “Donker hart”
  13. Tarryn Lamb – “Mal oor jou”
  14. Dirk van der Westhuizen – “Sexy vi my”
  15. Joshua na die Reën – “Soos in nou”
  16. Dewald Wasserfall – “Nuwe begin”
  17. 4 Werke – “Hart”
  18. Brendan Peyper – “Jy laat dit maklik lyk”
  19. 4 Werke – “Bietjie meer van jou”
  20. Jay – “Die hart wil hê wat die hart wil hê”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Alicia ·

Baie mooi lied, maar die video laat veel te wense :-( Ek sou meer hou daarvan om die lede van 4 werke te sien dans en sing.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.