In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar vier snitte wat styg, nege wat daal, vyf wat onveranderd bly en twee nuwe snitte wat dié week hul toetrede tot die Top-20 maak.
4 Werke het onlangs sy splinternuwe musiekvideo en enkelsnit, “Bietjie meer van jou” bekendgestel. Die musiekvideo het binne ʼn week reeds meer as 14 500 trefslae op YouTube gekry. Dié Afrikaanse supergroep bestaan uit Elizma Theron, Nicholis Louw, Liezel Pieters en Ray Dylan.
Jo Black neem weer die week se nommer 1-posisie in met “Voel jy die genade”.
- Jo Black – “Voel jy die genade”
- Demi Lee Moore – “Mis eet slaap herhaal”
- Arno Jordaan – “Derde Wêreldoorlog”
- Spoegwolf – “Blou”
- Ivan Roux – “Daai ding”
- Refentse – “Liefdegenerasie”
- Karlien van Jaarsveld – “Rooilipsoene”
- Refentse – “Baie gevaarlik”
- Straatligkinders – “Krake”
- Jay & Lianie May – “Siekverlief”
- Early B met Jack Parow & Justin Vega – “Potte”
- Manie Jackson – “Donker hart”
- Tarryn Lamb – “Mal oor jou”
- Dirk van der Westhuizen – “Sexy vi my”
- Joshua na die Reën – “Soos in nou”
- Dewald Wasserfall – “Nuwe begin”
- 4 Werke – “Hart”
- Brendan Peyper – “Jy laat dit maklik lyk”
- 4 Werke – “Bietjie meer van jou”
- Jay – “Die hart wil hê wat die hart wil hê”
Baie mooi lied, maar die video laat veel te wense :-( Ek sou meer hou daarvan om die lede van 4 werke te sien dans en sing.