A Capella-koor by Brooklynteater

A Capella Koor
Brooklyn Teater
Saterdag 25 Augustus: 20:00
Besprekings: Hannetjie Weyers by 082 879 4477

Die groep a Capella het herleef met hul 40 jaar-reünie toe oudkoorlede van oor die hele land besluit het om dit met ’n reeks konserte te vier. ’n Album, Ons reik hoër, met ou en nuwe liedjies is ook vir die geleentheid uitgereik. Soos van ouds sluit die konsertprogram ’n wye verskeidenheid van gewyde en ligte koor- en solosang in wat onbegeleid of met begeleiding gesing word. a Capella se kenmerkende vrolike en romantiese nommers met choreografie en kleurvolle kostuums is ’n genot. ’n Besondere vertoning vir oud en jonk!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.