Aardklop 2018: ‘Stof solank jou partytjieskoene af’

Wicus van der Merwe en Dowwe Dolla tydens Aardklop 2017 in ‘Dowwe Wicus en Dolla van der Merwe’ (Foto: Facebook)

Na nóg ʼn suksesvolle Aardklop Nasionale Kunstefees in 2017 word dié fees vanjaar weer van 2 tot 7 Oktober op Potchefstroom in Noordwes aangebied.

Dié kunstefees het verlede jaar ʼn inkomste van meer as R50 miljoen vir die plaaslike ekonomie van Potchefstroom ingebring.

Alexa Strachan, Aardklop-feesbestuurder, sê feesgangers moet solank reeds hul partytjieskoene begin afstof vir ʼn groot makietie later die jaar.

“Die impak van die sukkelende ekonomie kan nie ontken word nie, maar hier by Aardklop is ons positief en bou ons voort op die R50,3 miljoen se impak wat ons verlede jaar gemaak het op die plaaslike ekonomie,” sê Strachan.

Beplanning rondom vanjaar se kunstefees het reeds afgeskop. “Die kantore is oop en ons is volstoom besig om te beplan aan Aardklop se 21ste verjaarsdag.”

Aardklop begin vanjaar weer op Maandag 1 Oktober 2018 met die Kunssafari.

Hier is belangrike datums:

  • Programaansoeke open 1 Februarie 2018
  • Programaansoeke sluit 31 Maart 2018
  • Stalletjie-aansoeke open 1 Maart 2018
  • Stalletjie-aansoeke sluit 30 April 2018

Vir meer inligting, skakel die Aardklop-kantoor by (018) 175 0175 of besoek die Aardklop-webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

ek vra jou ·

Ek verstaan nie mooi – die fees begin 1 Oktober maar kaartjies kan eers 2 Oktober gekoop word??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.