Aardklop: Spring vinnig vir dié produksies

Pa maak vir my ʼn vlieër, pa met Sandra Prinsloo, Waldemar Schultz, Wilhelm van der Walt (Foto: Aardklop)

Aardklop-feesgangers stroom vanjaar in hul duisende na Potchefstroom om ʼn sitplek te kry in een van die 350 vertonings wat in die loop van die week te sien is.

Delmari van Zyl, die fees se bemarkingskoördineerder, het vroeër aan Maroela Media gesê kaartjieverkope is reeds 30% hoor as dieselfde tyd verlede jaar.

Laatslapers wat dus eers oor die naweek die pad na Potchefstroom gaan aandurf sal vinnig moet spring om nog ʼn kaartjie vir ʼn produksie te koop.

Hier is wat jy moet weet:

  • Die Aardklop Langtafel is reeds uitverkoop.
  • 3-in-1 met Casper, Schalk en Hannes se kapasiteit is vergroot.
  • Daar is nog enkele kaartjies vir Joshua na die Reën se optrede Donderdagaand (5 Oktober).
  • Al die aanbiedings van Pa maak vir my ʼn vlieër, pa is uitverkoop. As jy Sandra Prinsloo in aksie wil sien, kan jy nog vir Moedertaal – haar solostuk – bespreek.
  • Die Saterdag-aanbieding van Soetlief en die Ondier: ’n Whisky-sprokie slegs vir grootmense is uitverkoop. Kaartjies vir Vrydag 6 Oktober is nog beskikbaar.
  • Die Vrydagaand-aanbieding van Strooijonker met De Klerk Oelofse is uitverkoop. As jy Oelofse op die verhoog wil sien, kan jy nog kaartjies vir Nêrens Noord-Kaap
  • Kaartjies vir Volksbesit is ook uitverkoop. As jy nog vir Schalk Bezuidenhout in aksie wil sien, kan jy nog kaartjies bespreek vir 3-in-1, waarvan die kapasiteit vergroot is.
  • Vir Weerklank van ʼn wanklank is nog net kaartjies beskikbaar vir Saterdag 7 Oktober. Jy kan ook na die Engelse weergawe kyk: The Echo of a Noise.
  • Talle vertonings van produksies soos DEURnis en Geheime taal is reeds uitverkoop. Ander produksies wat ook uitstekend vaar, is onder meer 20 jaar laterLaurika Rauch met Loki Rothman: Blou en Ag, kom ek val sommer die Holm in die huis.

Aardklop word nog tot 8 Oktober in Potchefstroom aangebied. Kaartjies vir alle produksies is beskikbaar by Computicket. Toegang tot die feesterrein op Die Bult kos R20. ʼn Weekkaartjie sal jou R60 uit die sak jaag. Vir meer inligting, besoek Aardklop se webwerf.

Aardklop ondersteun die Teaterbystandsfonds – die kunste en vermaaklikheidsbedryf se enigste hulpfonds. As geregistreerde niewinsgewende-organisasie (wat 18 A Belastingaftrekkingsertifikate uitreik) is die TBF  totaal afhanklik van donasies om veral hulpbehoewende bejaarde kunstenaars te onderhou. Jou donasie is die applous wat ʼn lewe kan red.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.