Adam en Daniel Baron se kortspeler hier

Foto: Facebook

Foto: Facebook

Nadat hulle groot sukses met hul enkelsnit “Say What You Want” behaal het, is die groep Adam en die sanger Daniel Baron terug met ʼn kortspeler met ses snitte, getiteld Young and Wild.

“Say What You Want” sou aanvanklik ʼn eenmalige samewerking wees, maar weens landwye ondersteuning en groot openbare aanvraag het hulle besluit om hierdie kortspeler uit te reik. Die kortspeler bestaan uit ʼn mengsel van opgewekte en rustige snitte met die boodskap dat ʼn mens voluit moet lewe.

ʼn Mens kan ook hoor hoedat Adam en Daniel Baron se onderskeie musiekstyle bymekaarkom en ʼn klank voortbring wat terselfdertyd herkenbaar en vars is.

Wanneer twee of meer mense saamwerk en liedjies begin voortbring, sê Daniel, word dit groter as wat ʼn mens sou verwag. Volgens hom het hulle, terwyl hulle aan Young and Wild gewerk het, vorendag gekom met van die beste liedjies wat hulle tot dusver geskryf het. Die doelwit was om goeie liedjies te skryf wat van toepassing is op waar hulle op die oomblik in hul lewens is en wat ook maklik is om saam te sing.

Volgens Hugo Ludik van Adam bring die kortspeler twee besondere klanke bymekaar, en tog klink dit so goed dat mense dalk sal dink dat hulle al jare lank saam musiek maak. Hy beskou dit as die opwindendste projek waaraan hulle tot dusver gewerk het, en met die hulp van die regisseur Robin Kielly het hulle ʼn album voortgebring waarop hulle met reg trots kan wees.

Die volgende enkelsnit, “How Did it Get to This?”, sal binnekort oor die radio gehoor kan word, en die bekendstelling van die kortspeler is op 30 Oktober op Martin Bester se program op Jacaranda 94,2 FM, waarna dit op iTunes en in musiekwinkels beskikbaar sal wees.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.