ADAM is terug op die Top-20

ADAM is terug. Stoff de Beer (voor) is nou saam met Kyle Grant (links agter) en Hugo Ludik (regs agter) deel van dié groep. (Foto: Deon van Wyk)

Die musiekgroep ADAM se splinternuwe enkelsnit, “Liefde is”, betree vandeesweek die Maroela Media Afrikaanse Top-20 in die 19de plek.

ADAM het aanhangers verlede jaar laat gons met die aankondiging dat hy besluit het om die tuig neer te lê. Ondanks ’n moeilike jaar in die musiekbedryf en die Covid-19-pandemie wat kunstenaars gepootjie het, is dié groep terug en spog ook met ’n nuwe lid, Christoff de Beer.

Riaan Benadé se debuutenkelsnit, “Gooi nog ’n whiskey”, bly vir die vierde week in die no. 1-posisie.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar ses snitte wat styg, agt wat daal, vyf wat onveranderd bly en een nuwe enkelsnit wat dié week die treffersparade betree.

  1. Riaan Benadé – “Gooi nog ’n whiskey”
  2. Demi Lee Moore – “Maak my jou tequila”
  3. Verskeie kunstenaars – “Ons sal self”
  4. Elandré – “Dag en nag”
  5. Ché & Snotkop – “Ek like hoe jy dans”
  6. Bernice West – “Sonop-blom”
  7. Steve Hofmeyr – “Ek kort”
  8. Ruhan du Toit – “Monumentaal”
  9. Refentse – “Stormnag”
  10. Appel – “Nonna”
  11. Lianie May & Jay – “Dors”
  12. Bernice West – “Die hart”
  13. Refentse – “Daai deng”
  14. Margot – “Tydelike afleiding”
  15. Janie Bay & Danie Reënwolf – “Ek glo nog in jou”
  16. Jo Black – “Spring”
  17. Bobby van Jaarsveld & Early B – “Sprokie”
  18. Gerhard Steyn – “Groter as Goliat”
  19. ADAM – “Liefde is”
  20. Rooksein – “Kyk na my hart”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.